50 pistole tydens inbraak gesteel

Foto: Verskaf.

Werknemers van ʼn maatskappy wat hoofsaaklik in boerderytoerusting spesialiseer het Maandag met hul aankoms by die werk ʼn skokvonds gemaak.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes het op ʼn manier toegang tot die perseel verkry en ʼn groot hoeveelheid vuurwapens gesteel.

“Daar is ook ʼn vuurwapenhandelaar op die perseel en dit is duidelik dat hulle toegang verkry het tot die kluis,” het Ernst gesê. Sowat 50 pistole is tydens die inbraak gesteel. Die kissies waarin die vuurwapens gehou is, het oor die vloer gesaai gelê.

Volgens Ernst het die verdagtes die res van die winkel ook geplunder en is daar klere en ander toerusting ook gesteel.

Ernst het gesê die Wesrand se trio-taakspan is op die toneel besig om bewysstukke te versamel.

Brig. Mashole Manamela, Randfontein se stasiebevelvoerder, het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die taakspan by 079 496 6288 te kontak. Inligting kan anoniem aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eish ·

Nou moet ons onsself seker weer staal vir n vlaag gewapende rooftogte, plaas aanvalle en transitorooftogte.

John ·

Glad nie goed vir misdaad nie. Nogal uit n wapen kluis gesteel….

O aarde ·

Binne-inligting! Hoe anders kon die skelms geweet het waar om te soek.

Lollie ·

Die eerste en grootste vyand is gewoonlik die wat in die binnekring beweeg. Spreekwoord sê: makste hond byt die seerste. Gewoonlik die wat jy vertrou wat jou in die rug steek. Kyk maar na die plaasaanvalle, meestal mense wat die boer geken het. Hoop hulle kry vinnig die skyldiges MET die gesteelde wapens.

Annie ·

Die kameras en alarm was af gewees want hulle het geweet waar alles is en wat die kodes was? Hierdie is binne-inligitng. Soos wat hulle in hierdie land wapens steel moet ons met ons oe oop slaap in die aand.

Ben ·

Graag wil weet wie die Maatskappy is? Die appel is vrot van binne, gooi weg.

Leahim ·

Gelukkig is die trio taakmag op hulle spoor polisie ,GPF en die buurtwag so hulle doppie is geklink.

Deon ·

Nou ontstaan die vraag, is dit hoe goed n vuurwapen winkel se berging van die wapens wat hy in sy besit het beveilig word. Jy kan nou maar weet dat as die inbrekers nie gevang, en ieder en elke wapen teruggevind word nie, van daai wapens in die hande van moordenaars gaan lei tot iemand se dood.

As dit nie uit n Polisistasie wegraak nie, dan dit. Al hierdie gebeure is nie om dowe neute nie, hier is n derde mag hard aan die werk en ek ys om te dink aan die uitkoms daarvan wanneer hul bose plan grootskaals in aksie omgesit word. Dinge broei al lankal, en een of ander tyd pop die eier.

Ronnie ·

My vraag..hoe het hulle die voor-inspeksie om te kwalifiseer vir n handelaarslisensie geslaag? Streng voorwaardes mbt kluis bouspesifikasies, alarmstelsels, gewapende reaksie, toegangbeheer ens geld alvorens n lisensie toegeken kan word. Bewapende beton kluis is n voorvereiste. Hoe het n sekuriteitsmaatskappy wat n alarm moniteer nie agtergekom die alarm is buite aksie gestel nie? Baie verdag…alles

Johannes Meintjes ·

Terwyl die burgers kla en kerm oor beveiliging, misdaad, korrupsie en verval, is die boewe (volgens Buurtwaggroepe en sekuriteitsmaatskappye se terugvoere) besig om vragmotors, bakkies, sleepwaens, vuurwapens en kontant te roof, – maar die burgers word afgeraai om te bewapen, behoorlike teen-insurgensie beveiligingskundigheid in te win en Buurtwagte behoorlik te organiseer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.