50 skoolkinders in 15-sitplekbussie vervoer

Die skoolkinders wat in die bussie vervoer is. Foto: Verskaf

Die skoolkinders wat in die bussie vervoer is. Foto: Verskaf

Die polisie in die Oos-Kaap het Woensdag ʼn 31-jarige man in hegtenis geneem nadat ʼn glo met ʼn oorlaaide Toyota Quantum-bussie vol skoolkinders roekeloos bestuur het.

Ao. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê lt. Loaan Steenkamp van die Patensie-polisie was omstreeks 07:30 op pad werk toe, toe hy opmerk hoe die bestuurder roekeloos met die bussie in Fred Ferreira-rylaan jaag.

“Hy het ook opgemerk dat die bestuurder skoolkinders vervoer,” het Swart gesê. “Steenkamp het dadelik die bussie van die pad afgetrek en altesaam 50 kinders tussen die ouderdom van ses tot 12 jaar oud het uit die voertuig geklim. Dit is ʼn 15-sitplekvoertuig.”

Die man is net daar in hegtenis geneem op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur asook oorlaaiing van ʼn voertuig.

Die verdagte moet Donderdag in die Hankey-landdroshof verskyn.

taxi oorlaai

Die bussie waarmee die verdagte die kinders vervoer het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Paula ·

Hoop rerigwaar dat daar voorsiening gemaak is vir hierdie arme kinders om terug te kom by hul huise.

M ·

Ek het hulle al gekry negentien grootmense, drie hoenders en een boerbok binne in ‘n 15 seater.

Antoinette ·

Wanneer leer mense dan die gevolge van sulke dade?
Baie dankie dat daar nog mense is wat bereid is om betrokke te raak en ons kinders te beskerm teen sulke growwe onverantwoordelikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.