500 000 liter water aan Kroonstad verskaf

AfriForum-watertenks wat op 2 Julie 2016 in Kroonstad afgelaai is (Foto: AfriForum)

AfriForum-watertenks wat op 2 Julie 2016 in Kroonstad afgelaai is (Foto: AfriForum)

AfriForum, in samewerking met Water Shortage South Africa (WSSA), Halfway Toyota Fourways en die bewegings Oos-Rand Staan Saam en Boere in Nood, het Saterdag 500 000 liter water in Kroonstad afgelaai – en nóg water is op pad.

Dít volg nadat Kroonstad se krane al vir ʼn geruime tyd droog is omdat munisipale reservoirs en damme in dié gebied opgedroog het.

AfriForum het reeds in Junie 2016 die departement van water en sanitasie (DWS) op terme geplaas met die vereiste dat dié departement sy aksieplan om die waterkrisis in Senekal en Kroonstad aan te spreek, teen 19 Junie 2016 aan AfriForum bekend moes maak. Die minister van dié departement, Nomvula Mokonyane, het egter nie aan AfriForum se eise gehoor gegee nie, met die gevolg dat dié organisasie hom nou moontlik tot die hof sal wend.

“Omdat AfriForum geen reaksie van Mokonyane gekry het nie, het ons op 20 Julie 2016 ʼn vergadering belê met die waarnemende adjunk-direkteur-generaal van die DWS, Ndileka Mohapi, om oplossings te vind,” het Charles Castle, regs- en risikokoördineerder van AfriForum, gesê.

“Swak munisipale bestuur tesame met die ernstige droogtetoestande het inwoners van Kroonstad raadop. Die feit dat die munisipale pompe wat vanjaar water uit die riviere in die Kroonstad-dam moes pomp, reeds voor die reënseisoen stukkend was en kabels van dié pompe gesteel is, is ʼn klinkklare bewys van swak beplanning deur die munisipale beamptes van die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit,” het Castle bygevoeg.

“ʼn Groot waterlek is verder reg langs die Kroonstad-stadsaal opgemerk. Dit is werklik kommerwekkend om te sien dat die plaaslike munisipaliteit geen pogings aanwend om die infrastruktuur in dié dorp in stand te hou nie – dít terwyl die gemeenskap agteroor buig om verligting in hierdie krisistydperk te bring.”

AfriForum beoog verder om 90 000 liter water aan skole in die Kroonstadgebied te verskaf op 4 – 8 Julie 2016, wat die hoeveelheid water wat aan dié dorp verskaf is op een miljoen liter te staan bring.

“AfriForum bedank WSSA, Halfway Toyota Fourways, Oos-Rand Staan Saam en Boere in Nood vir hul welwillendheid en bereidwilligheid om die inwoners van Kroonstad by te staan en hande met AfriForum te vat.”

Indien lede van die publiek op een of ander wyse by hierdie inisiatief betrokke wil raak, kontak vir Caroline Sassen, uitvoerende direkteur van WSSA, by 071 612 4171.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Koos ·

Sjoe en die Bokkieweek vind ook volgende week plaas in Kroonstad (Maroela kan dalk ‘n berig hieroor doen.)

Feestye ·

Ja Maroela, laat ons asb weet van feeste en markte waar ons kan gaan ondersteun.

Elsabe ·

Dis wonderlik om te sien hoe mense kan saamstaan om diegene in nood by te staan! Baie dankie vir elke druppel wat geskenk is. Ons waardeer dit oneindig Baie!

John ·

AfriForum is nou die slawe van die ANC. In ‘n ander berig spog die EFF dat hulle die redders is van die armblankes in ons land. Waar was julle toe? Gaan help gerus die EFF … of is julle te skaam?

Ai ·

Die EFF gee net beloftes in die wind en dit terwyl AfriForum daadwerklik hulp verleen.

Johann Marx ·

Ek verstaan nie. Die ANC wen die verkiesing. Die ANC stel ‘n munisipaliteit aan. Die nuut verkose munisipalteit laat die dorp se infrastruktuur ten gronde gaan….terwyl hulle AL die erfbelasting in hulle eie sakke steek. Afriforum en die gemeenskap “red wat te redde” is……dra water aan, herstel infrastruktuur…..maar die “verkose munisipale amptenary” bly in hulle poste, steel nog steeds die eiendoms-eienaars se geld….en almal is tevrede? Waar is die verantwoordbaarheid van hierdie amptenary?

Joann ·

Dit is mos zuma se party wat moet help,maar hul gebruik al die geld vir?????. Dankie Agriforum.

Wat-ek-lees ·

Eintlik is die regte naam ‘mislikepalityt’ want dis presies wat hulle is.
Kom kyk na die Vaaldam om te sien die waternood wat voor ons deur lê en wag, tans 38,4% op 27 Junie en steeds is mense besig om grasperke te besproei.

Lance ·

Ek wonder met waneer doen cosatu of enige ander unies of organisasies iets soos dit ….hulle wil net he en he en he ….i just dont get it

HEVW ·

Te midde van al die baie harde werk en positiewe inisiatiewe openbaar sekere mense se kommentare deurlopend n vals noot. Dit is tog nodig dat ons dikwels onsself in introspeksie moet neem en n paar regstellings moet maak.

Kosie ·

Afriforum doen baie goeie werk, ek ken Kroonstad redelik goed en ek weet hoe min 500000 liter water vir ‘n dorp soos Kroonstad is. Ek glo onse regering kan ‘n plan maak of hoe?

christine ·

Mense die Bybel leer ons, dis ons wat geen begrip het wat ons lees nie “let wel ” Gee aan die keiser wat hom toekom” Dink bietjie, kom die belasting die keiser toe. Wel ek dink nie so nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.