500 in provinsie vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in die Wes-Kaap het die naweek 500 mense vir verskillende misdade in die provinsie in hegtenis geneem.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê meer as 220 verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van en handel in dwelms. “Die polisie het op ses ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, meer as 2 kg dagga, 177 Mandrax-tablette, Tik, heroïen, vervalste goedere en 2 230 liter alkohol beslag gelê.”

Volgens Rwexana is 88 gesoekte verdagtes in hegtenis geneem, terwyl die ander verdagtes in hegtenis geneem is vir misdade soos moord, poging tot moord, kaping en die besit van gesteelde en gekaapte voertuie.

Die misdaadvoorkomingsoperasies is onder andere by sjebeens, taxistaanplekke en padblokkades uitgevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

Kyk nou net daar wat gebeur in n dag se werk. Dink nou net as hulle elke dag hul werk doen… dan sal werk skepping kom, 100 nuwe tronke sal gebou moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.