500 skape vrek weens koue

Argieffoto

Meer as 500 skape het vandeesweek op plase in die Sterkspruit en Lady Grey-omgewing in die Oos-Kaap gevrek weens swaar reën en koue weerstoestande in dié provinsie.

Die Oos-Kaapse departement van samewerkende regering en tradisionele sake het in ʼn verklaring gesê reën in die provinsie het nie net tot die verlies van vee gelei nie, maar ook skade aan huise veroorsaak.

“Hop-huise in die distrik van die Raymond Mhlaba- plaaslike munisipaliteit het krake opgedoen. Ons provinsiale spanne is steeds besig om die omvang van die skade in die Mbashe- munisipale gebied te evalueer,” lui die verklaring.

Nog koue word oor die naweek en volgende week in die provinsie verwag met sneeu wat in die Joe Gqabi-gebied voorspel word, het die departement gesê.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal koue weerstoestande oor die volgende paar dae oor groot gedeeltes van die land voorkom, maar sal die Oos-Kaap die ergste deurloop onder swaar reën en koue.

Die SAWD het ook ʼn waarskuwing uitgereik vir Barkley-Oos vir erge donderstorms oor die naweek wat moontlik tot kitsvloede kan lei. ʼn Maksimum temperatuur van 22 °C word vir Saterdag verwag en 23 °C vir Sondag. Vir Maandag word ʼn maksimum van 16 °C voorspel en ʼn minimum van net 2 °C.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Danie ·

Ek kan verstaan dat ‘n skaap van net weer en koue kan vrek. Dit is 500+ is is baie jammer en tragies. Ek weens almal wat vee verloor het sterkte toe.

Wat ek nie kan verstaan nie, is hoe ‘n huis kan kraak van nat weer en koue. Is die huise dan nie veronderstel om ordentlik gebou te wees nie? Het hulle modder in plaas van sement gebruik tydens die bou van die huise?

A ·

Verstaan nie dat vee steeds in vandag se tyd omkom van koue nie. Hemel die diere het ook beskutting nodig teen elemente, warm of koud. My hart gaan uit na al die diere daar buite. Vee, wild of troetel.

Danie ·

My innige simpatie! Weet hoe dit voel – het in Sept 2001 se sneeu, 724 skape verloor. Moet sê dat weerwaarskuwings nou baie beter is!

John ·

Almal, selfs stedelinge, weet dat die weer bedrieglik is tot laat Oktober veral na ‘n warm winter. Versekering is ‘n lekker kierie vir almal wat daarna gryp… en baie indrukwekkend as mens sug-sug daarop leun sodra jy die bankbestuurder gaan sien. “En… ja, teen die einde van die dag, verstaan stedelinge nie die pyn en lyding van diegene wat kos op hul tafels sit nie.”
En kyk wat kos skaapvleis deesdae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.