53-jarige vas oor R2 miljoen se dwelms

(Foto verskaf deur die SAPD Wes-Kaap)

ʼn 53-jarige man is op die N1 naby Laingsburg in die Wes-Kaap voorgekeer met dwelmmiddels van meer as R2 miljoen in sy besit.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die Wes-Kaapse verkeersdepartement is Sondagaand in die Laingsburg-gebied ontplooi. “Hulle het omstreeks 23:00 ʼn verdagte vragmotor opgemerk. Die vragmotor is deursoek en hulle het op twee sakke dagga, wat sowat 60,2 kg weeg, en 39 000 Mandrax-tablette met ʼn geraamde straatwaarde van sowat R2,07 miljoen afgekom.”

Die 53-jarige bestuurder van die vragmotor is in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Woensdag in die Laingsburg-landdroshof verskyn.

Die dwelmmiddels was na bewering bestem vir verspreiding in die provinsie.

(Foto verskaf deur die SAPD Wes-Kaap)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Swartskaap ·

Hy was maar die bestuurder van die vragmotor. Wie is die eienaar van die dwelms? Hulle kom ALTYD weg.

Retha ·

Wat as hy die goed vervoer het onder die indruk dat dit produkte vir groente mark of wat ook al was en dat hy nie bewus gewees het wat inhoud van sakke is nie. Desperaat om geldjie te verdien en sal vragmotor bestuur vir kos op die tafel. Kry eienaar van vragmotor en pluis met hom uit wat regtig die waarheid is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.