54 leeus op Bloem-plaas doodgemaak

Argieffoto ter illustrasie van leeus by Madikwe-natuurreservaat (Junie 2014) Foto: AP Photo/Kevin Anderson, File

Altesaam 54 leeus is verlede week op ʼn plaas buite Bloemfontein doodgemaak en die beleid, wat minister van omgewingsake Edna Molewa verlede jaar goedgekeur het dat 800 permitte toegeken sal word om leeubene na die buiteland uit te voer, sal noukeurig ondersoek word.

Dié bene word in Asië gebruik om gesondheidsprodukte te maak.

Die DBV in Bloemfontein is besig met ʼn formele klag van dieremishandeling teen die plaaseienaar en voorman, het Reinet Meyer, senior inspekteur vir die organisasie, gesê. Sy het gesê 26 leeus is op die een dag en toe weer 28 leeus op die volgende dag op die plaas doodgemaak.

Sy het glo twee leeus gesien wat ʼn paar dae lank in vervoerkratte aangehou is en het die toestande waaronder die leeus aangehou is as “heeltemal onaanvaarbaar” beskryf.

Om leeus, wat in aanhouding grootgemaak is, dood te maak, is nie in Suid-Afrika onwettig nie, tensy die behoorlike permitte bekom is. Natuurbewaarders voer egter aan die maatreëls wat ingestel is om hierdie bedrywighede te reguleer, is baie swak en die wettige mark kan Afrika se wilde leeus bedreig as die vraag na karkasse toeneem.

Owerhede in Vrystaat ondersoek bewerings van wangedrag op die plaas waar die leeus doodgemaak is.

Dirk Hagen, ʼn provinsiale beampte, het aan die Associated Press bevestig die plaaseienaar se permit is gekanselleer totdat die ondersoek afgehandel is.

Die plaaseienaar voer egter aan ’n veearts en ’n natuurbewaringsamptenaar is by wanneer die leeus uitgesit word en dat al die aktiwiteit op sy plaas wettig is en aan wetgewing voldoen.

Bene van Afrika-leeus het ʼn plaasvervanger geword vir tierbene in tradisionele medisyne in China en die suidooste van Asië nadat tierbevolkings afgeneem en strenger bewaringsmaatreëls ingestel is om hulle te beskerm.

Die wettige uitvoer van leeukarkasse in Suid-Afrika het van ongeveer 50 karkasse in 2008 tot nagenoeg 600 toegeneem. Die departement van omgewingsake het toe ʼn beperking van 800 karkasse ingestel.

Daar is ʼn hele paar duisend wilde leeus en ongeveer 8 000 leeus, wat in aanhouding grootgemaak is, in Suid-Afrika, aldus Andrew Venter, uitvoerende vervaardiger van Blood Lions, ʼn dokumentêr wat die betrokke bedrywighede in die land ondersoek.

Talle leeus, wat in aanhouding grootgemaak word, word doodgemaak deur betalende kliënte in ʼn praktyk wat “geblikte jag” genoem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Gertryda ·

Vir mens en dier leef ons in n wrede wêreld
Alles ter wille van geld

Gatvol ·

Geld is die duiwel se kos……..Geld is die oorsaak van alle misdrywe en moord en misdaad….punt…….ek haat geld

Anoniem ·

Waar is almal wat nou die hel in was vir Mnr Hodge en afgegaan het oor die leeu se skiet op sy oord! Hiérdie artikel verg sulke kommentaar want DIT is die willekeurige en opsetlike afmaai van leeus!

Alwyn ·

Mag die plaas eienaar en ander wat betrokke is, asb ook perongeluk te ver in die hok loop!!!! Wat hulle doen is totaal onaanvaarbaar. Maak eerder n wet dat leeus mag glad nie meer in kampe of hokke gehou word nie.

Pieter ·

Nog weer korrupsie ? Is edna molewa nie dalk betrokke nie? Om 800 per jaar te vermoor is onsettend!
Die reënboog nasie word elke dag meer en meer die muishond in die westerse werèld

Antionette Malan ·

Boos, boos, boos. Ek vra vir Goddelike ingryping want niks help meer om hierdie boosheid te besweer nie.

Yankee ·

En almal skreeu moord as n Amerikaanse tandarts n leeu kom skiet. En kyk nou!!

9/11 ·

Nou kan ek sien hoekom 9/11 plaasgevind het, die absolute arrongansie van die USA.

Vermeendes ·

Miskien kan die DBV oortuig word om blankes se moorde ook aan n groot klok te hang!

M'Lady ·

SAPA, DEA and CITES have created a monster by allowing the captive breeding of lions. Throw in China and Vietnam and you sit with a toxic mix. These poor lions stood no chance since birth. Exploted to the fullest till their death. Nothing to do with conservation but all for the love of money.

Breed your own LIONS ·

EXACTLY why doesn’t CHINA breed their OWN LIONS and kill their OWN LIONS for their bones? Same with rhino and elephants?? It doesn’t make sense? Why have them bred in South Africa just to be KILLED and exported (for their bones as some or other kind of medicine) to CHINA??

M'Lady ·

Oop oge, maybe for your stomach, not for mine. Those lions are sedated before being killed, so it is not fit for human or animal consumption.

Gert ·

Ek sien geen verskil tussen ‘n leeuboer wat leeus grootmaak vir Oosterse Muti, en ‘n beesboer wat beeste grootmaak vir biltong nie. Die mense boer vir ‘n lewe, solank hulle regulasies volg, los hulle in vrede.

Petronella ·

Die groot verskil is – leeus is n bedreigde spesie en beeste nie.

Cherokee ·

Dankie vir ‘n sinvolle antwoord op ‘n onsinnige aanmerking, Petronella. Nou dat die tiere byna uitgeroei is en beskerm moet word, ly die leeus daaronder met hulp van ‘n onkundige regering. Dit is ongelukkig nie net die massas in Afrika wat uitroei nie. Daar is blankes wat netso ingestel is.

Piet ·

Petronella waar sien jy dat leeus n bedreigde spesie is? Ek het na die lys van bedreidge diere gaan kyk maar ek kry dit nie. Ek het wel n artiekel gesien dat daar skynbaar 14 maal meer leeus in SA is as in 1981. Sal graag die werklike feite wil sien ipv imosionele insette.

Gert ·

“Leeus ‘n bedreigde spesie” – dit is nuus vir my. Dalk is daar ‘n misverstand aangaande my leeuboer – beesboer kommentaar. Ek stem 100% saam dat daar ‘n fyn ogie op die jag van groot, volwasse, leeu mannetjies, wat in ‘n trop saam met wyfies is, gehou moet word, veral in buurlande waar beroepsjagters op staatsgrond jag. Kan ons ten minste saamstem dat daar ‘n baie groot veskil is tussen leeus in die natuur (Kruger, Hwange, Korongosa ens.) en die leeus op oom Fanie se plaas in die Vrystaat (in die kampe langs die mielieland)?

PS> As daar nie sitrusboere was nie sou lemoene lankal ‘n bedreigde spesie gewees het.

Basson ·

100% reg Gert!
Mense reageer met knieskop sonder om eers intelligent te dink.

Oom Kalahari ·

Hoe wreed om hierdie diere so te vermoor vir bygelowige China wat enige iets onder die son sal eet en muti van maak. Afrika het alreeds meeste van die diere poulasies uitgeroei vir eie gewin en China het ‘n groot aandeel met smokkelary. Ek is sterk van opinie dat hierdie Edna Mokwena vergoeding onder die tafel ontvang en glo hier moet ‘n spesiale ondersoek gedoen word van begin tot einde.

Callie ·

Die mens is veronderstel om oor al die diere te regeer en hulle te bewaar. Wys my iets anders as totale onchristelikheid in die mens wat alles en enige iets sal doen vir die geld god. Mammon regeer. Glo dit, daar sal bitter min mense die die woede van GOD vryspring met die oordeelsdag. Ek sluit my ook in want ek is ook te lafhartig om op te staan teen al hierdie dinge

Lerato ·

Callie
Jy is reg. Daar selfs mense wat karre regmaak, klerke en onderwysers. Almal doen dit vir geld.
Mag ons die goeie dag bereik waar daar geen geld is nie. Waar elkeen sy eie groente kweek en vir ontspanning na die leeus kyk

Gerrit ·

Gert, ons Hemelse Vader stem nie saam nie. Daar is ‘n GROOT verskil tussen beeste slag vir menslike kos en leeus slag vir “muti”. Enige vorm “muti” is bedoel as aanbidding en / of raadpleging van demoniese magte.

Gert ·

Gerrit, dit is darem ‘n lang ompad waar jy nou vandaan kom. Met so redenasie is hops-boere (bier), aartappel-boere (vodka) en tabak-boere (sigarette) seker nie welkom in jou kerk nie. En ek wil nie eers dink wat die arme varkboere se voorland is nie.

Pop ·

Ek dank die liewe Vader dat ek nie sulke mense ken nie. Om n diertjie groot te maak en dan te dood. Dis erg wreed. Die duiwel vier fees in hierdie land.

Elsabie ·

Wreed !!! Ek sal maar eerder nie weer my opinie lig nie a.g.v. mense offend, maar eendag sal die persoon wat opdrag gegee het om onskuldige diere dood te maak vir geld, verantwoording doen. Wiel draai

Lerato ·

Leeu boere sorg vir die oorlewing van die spesie. In sommige Afrika lande soos Kenia is leeus feitlik uitgeroei.
Dit kos n leeuboer sowat R800 per maand om n leeu kos te gee.
Nou laat elke groen liberalis hierbo vir hom/ haar n leeu by n leeuboer gaan haal. Of laat die Spca hulle almal skud. Of vat hulle almal Kruger toe en vetsteur die ekologie.

Luister ·

Ek verstaan nie hoekom daar ‘n verbod op die uitvoer van renosterhoring en ivoor is; maar nie op leeubene nie. Die uitvoer daarvan voer die aanvraag.

Lerato ·

Leeu boere help om die spesie te laat oorleef. In die natuur kry n leeu wyfie 5 kleintjies waarvan dalk 1. Of 3 oorleef.
By die leeuboer kry sy 10 welpies waarvan al 10 oorleef deur goeie kos en mediesese behandeling.

M'Lady ·

Piet, volgens die IUCN is die Afrika leeu n bedreigde spesie. Daar is minder as 20,000 wilde leeus oor op die kontinet. Daar is ongeveer 8,000 in aanhouding. Hierdie leeus in aanhouding kan nooit weer in die vrye natuur vrygelaat word nie. Hulle is daar vir een doel en dit is om gejag te word. Dit is so ver van bewaring af as die Ooste van die Weste.

Lerato ·

Piet en M’Lady
Dit is n feit dat leeu getalle in Afrika drasties afneem omdat hulle met veeboere kompiteer vir makdiere as prooi.
As die leeus elders uitgeroei word, is leeuboerdery n goeie alternatief.
Moet leeus in die natuur “vrygelaat” word om n bedreiging vir mens en ander diere in te hou?
Die mense wat so teen “can hunting” is, besef nie dat juis hulle die voortbestaan van leeus bedreig

M'Lady ·

Lerato, ek stel voor jy lees hierdie verkorte weergawe van die verslag “Cash before conservation.”https://conservationaction.co.za/media-articles/cash-before-conservation-a-damning-report-on-the-commoditization-of-our-lions/

ertjie ·

Ek wonder hoeveel die Chinese die minister onder die tafel betaal het sodat hulle ons hulpbronne kan stroop…. Die regering gee mos net om oor hulle self

Joos ·

Leeus is geen bedreigde spesie in RSA nie. Daar is nou meer leeus en wild in die land as toe die Kruger park geproklameer is. Blankes begin n bedreigde spesie word

Lerato ·

M’Lady
Ek is seker jy kan vir my die inhoud van die verslag gee. Dan weet die ander ook.

Linda ·

Ek is nie lief vir n leeu nie, maar dit is onmenslik om so baie leeus dood te maak en die karkasse aan Asia te verkoop. Suid Afrika is bekend vir sy leeus. Ek voel dat die owerhede hierdie praktyk summier moet stop !

Lerato ·

M’Lady
Dankie ek het die artikel gescan. Kon niks kry wat van my standpunt vetskil nie.
Die skrywer identifiseer die leeus se probleme as botsings met veeboere .

M'Lady ·

Lerato. ek stel voor jy lees die hele verslag noukeurig en “scan” dit nie net nie. Dis juis dan wat jy net feite sien wat jou agenda pas. “I rest my case.”

chanel ·

Ek wonder of die mense of media regtig bewus is van dat ons regerings hoofde wel dele van die leeu gebruik in hulle rituele vir mag? Alle vingers wys na China. Ja…hulle gebruik die bene…maar doen gerus navorsing…ons is in die midde van die leeukuil

Askies? ·

Julle kan dit nou maar verdedig soos julle wil .. WAT het van natuurbewaring en beskerming van wilde diere geword? JULLE wat dit verdedig is almal ‘n klomp geldwolwe …. ‘n leeu is NIE ‘n vark of ‘n hoender of ‘n skaap nie, maar wel een van die GROOT VYF waarvoor SA bekend is .. die renosters word gestroop, die olifante word gestroop en nou ook die LEEUS .. En JA die regering se GOEDKEURING is nou nie juis vir my ‘n verrassing nie, hulle SAL ALLES GOEDKEUR as daar ‘n voordeel vir hulle in is so moet asb nie julle GEWETE daarmee sus nie .. hulle laat ook ‘kill the boer’ songs toe .. NET SOOS LEGAL RENOSTERSLAGTINGS kamstig die onwettige slagting op RENOSTERS sou laat ophou, toe is daar TE MIN AANVRAAG daarvoor . hahahahaha wie lei julle om die bos???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.