56 kinders vir voedselvergiftiging behandel

Argieffoto (Darko Stojanovic, Pixabay)

Argieffoto (Darko Stojanovic, Pixabay)

Altesaam 56 kinders is Vrydag na hospitale in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal geneem nadat hulle vermoedelik by die skool voedselvergiftiging opgedoen het.

“Die kinders, tussen nege en 12 jaar oud, het tekens van voedselvergiftiging getoon,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê. “Hulle is aanvanklik na die nabygeleë Phatheni-kliniek geneem voordat paramedici hulle na verskeie hospitale in die gebied geneem het.”

Vier van die kinders is in ʼn ernstige toestand en die res van die kinders is in ʼn stabiele toestand.

“ʼn Ondersoek word gedoen om te bepaal waarom die kinders siek geword het,” het Mckenzie bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jakes ·

Multi miljoenrand voedingskema, Okt 2014 2tjies dood mos Umgababa- selfde “service provider”. Wat kan mens se’.

CHRISTA ·

Hulle moet dalk vir die regering begin kook – net vir ‘n bietjie diaree. So sal hulle van al hulle skitterye ontslae raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.