56 vas vir moord in Mpumalanga

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Mpumalanga het sedert die aanvang van Operasie Paseka begin verlede maand al meer as 1 000 mense in hegtenis geneem, insluitend 56 moordverdagtes.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê 25 mense is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, 654 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en 22 op aanklag van gewapende roof. Volgens Hlathi is 263 mense in hegtenis geneem vir dronkbestuur.

Die polisie het ook op 518 rondes ammunisie, 49 pistole, 10 jaggewere en 66 motors wat gesteel of gekaap is beslag gesê. Volgens Hlathi is 873 mense op dwelmverwante aanklagte in hegtenis geneem. Daar is onder meer beslag gelê op kokaïen, heroïen en Mandrax.

Volgens Hlathi verwag die polisie om nog talle verdagtes in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Welgedaan!! Nou moet die dossiere net nie wegraak . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.