56 wit skoolmeisies glo weens ras uit netbalspanne gelaat

Argieffoto

Keurders vir die Gautengse o. 12- tot o. 18-skolespanne se puntestate bewys glo dat 56 wit meisies, wat volgens beoordeling op meriete vir die spanne gekies moes word, egter weens hul ras uit die spanne gelaat is.

Die burgerregte‑organisasie AfriForum het vandag in Pretoria bekend gemaak dat hy reeds namens 12 van die benadeelde meisies se ouers amptelike klagtes by Netbal Suid-Afrika (NSA), Suid-Afrikaanse Skolenetbal (SASN) en Gauteng Skolenetbal (GSN) ingedien het.

Dié klagtes eis onder meer dat rassekwotas afgeskaf moet word en dat die benadeelde meisies skriftelik erkenning van GSN moet kry dat hulle wél op meriete gekies moes word.

AfriForum en die ouers het in hul klagtes aan die bogenoemde netbalinstellings aangedui dat sou daar nie binne 14 dae aan hul eise voldoen word nie, ’n amptelike klag van rassediskriminasie teen NSA by die Internasionale Netbalfederasie (INF) ingedien sal word.

Indien nodig, sal die saak ook na die internasionale hof vir arbitrasie in sport (CAS) geneem word. Die INF se reëls, asook dié van sowel die Internasionale Olimpiese Komitee as die Statebondspelefederasie, verbied uitdruklik enige vorm van rassediskriminasie.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wys daarop dat die 56 meisies wat suiwer op grond van hulle velkleur benadeel is, tussen 2001 en 2007 gebore is. Hulle is dus ná oudpresident Mandela se ampstermyn gebore.

“Dié jong kinders se waardigheid word ernstig geskend omdat hulle nou gestraf word vir ’n vorige bedeling waaraan hulle geen aandeel gehad het nie.” Kriel vra hoe ’n mens vir ’n 12-jarige meisie moet verduidelik dat sy goed genoeg is om ’n span te haal, maar dat haar ras (wat sy nie self gekies het nie) bepaal dat sy nie die span mag haal nie.

Volgens Kriel poog NSA en ander Suid-Afrikaanse sportliggame telkens om hul rassediskriminasie teen kinders met ’n kwotastelsel te regverdig deur dit voor te hou as ’n poging om ongelykhede reg te stel deur geleenthede te bied aan kinders wat skoolgaan by arm, agtergeblewe skole sonder toegang tot goeie fasiliteite en afrigting.

’n Ontleding van die spankeuses van die Gautengse skolespanne dui daarop dat 49 van die 56 meisies wat op grond van ras (en nie meriete nie) gekies is, in gegoede skole (private of voormalige model C‑skole) skoolgaan wat oor goeie fasiliteite en afrigters beskik. “Dit beteken dat die rassediskriminasie wat met die spankeuses gepaardgegaan het ’n suiwer poging is om ’n rasgedrewe ideologie te dien, en nie daarop gemik is om geleenthede vir arm kinders te skep nie,” sê Kriel.

Kriel wys daarop dat AfriForum sterk ten gunste daarvan is dat netbalspelers in arm gemeenskappe ontwikkel word. “Die feit dat die spankeusesyfers wys dat NSA klaaglik daarin misluk om spelers in arm skole te ontwikkel, kan nie as regverdiging vir NSA dien om sy eie mislukkings te probeer verbloem deur nou blatant op grond van ras teen kinders te diskrimineer en hul menswaardigheid te skend nie.”

kallie-kriel-2019-05-02

Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum. Foto: Verskaf.

Volgens Kriel het 42 swart meisies die Gautengse spanne op meriete gehaal. Dit is tragies dat hierdie beduidende getal goeie swart spelers nou ook benadeel word deurdat die rassekwotastelsel op onregverdige wyse die kwota-etiket om hul nekke hang.

AfriForum eis ook in sy skrywe dat die Suid-Afrikaanse netbalinstellings ’n uiteensetting verskaf van watter objektiewe kriteria gebruik word om kinders sonder hul ouers se toestemming op grond van ras vir die doeleindes van spankeuses te klassifiseer.

AfriForum eis ook dat ’n volledige uiteensetting van NSA se ontwikkelingsinisiatiewe in arm gemeenskappe aan die organisasie verskaf word, aangesien AfriForum graag positiewe insette wil lewer ter verbetering van NSA se planne, wat klaarblyklik misluk as die gebrek in spanne aan spelers uit arm skole in ag geneem word.

Volgens Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug, is NSA se diskriminasie teen wit skoolmeisies een van talle voorbeelde van hoe jongmense, wat graag ’n positiewe bydrae tot hul provinsies en land wil maak, op groot skaal vervreem word omdat hulle weens hul velkleur soos tweederangse burgers in hul geboorteland behandel word.

Maree wys daarop dat AfriForum Jeug hom nooit by hierdie soort benadeling van kinders en jongmense sal berus nie en dat sy organisasie elke meganisme tot sy beskikking sal gebruik om enduit te veg vir ’n samelewing waarin alle jongmense as eersterangse burgers beskou word.

Volgens AfriForum kan die publiek help om te wys dat daar wydverspreide teenkanting teen die kwotastelsel is deur hul name by klagtes teen NSA te voeg wat by die internasionale liggame ingedien gaan word. Die publiek kan hul name hier byvoeg of deur hul name na 32687 te SMS (R1).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

Johan ·

Die rasgedrewe beleidsrigtings van die ANC het van Suid-Afrika ‘n ondergemiddelde land gemaak. Dis nie meer noodwendig die beste kandidate (sport, kuns, politiek of wat ook al) wat gekies word nie. Die vraag is of dit regverdig teenoor die beter spelers is om uitgelaat te word? Net oor velkleur. Ek dink die skole waar die spelers is wat uitgelaat is, moet onttrek en hulle eie liga speel aangesien die Wittes weggelaat word. Provinsiale kleure is nie alles nie.

He ·

Ek praat nou uit ondervinding. Nie al die wit meisies wat die laaste paar jare deur GSN gekies is is regverdig gekies nie. Daar word beslis al vir baie jare daar geknou. Dit hang af van wat jou ouers bereid is om te gee en wie jy ken en doen en nie van hoe goed jou kind is nie. So daar is al baie jare ‘n vorm van diskriminasie. Nou het die “spel” patroon verander en mense hou nie daarvan nie. Diskriminasie is diskriminasie. Dis maar sleg as dit so gaan in sport. Hoe sê hulle in Engels ” what comes around goes around”

Johan ·

Witman , wanneer gaan jy agterkom jy is nie welkom by die Africans nie. Daar is reeds eie sport , eie skole , eie universiteit en ons moet nou aandring op ons eie grondgebied soos ooreengekom voor 1994.

Anoniem ·

Hoe pateties, ‘n georkestreerde plan om ons te diskrediteer ! Die opperste manier om rassisme toe te pas ???????????????????????

NOU HET EK ALS GESIEN !!!!!!

Ursula ·

Los hulle, laat hulle so goed doen soos ons ander sport soorte in Suid Afika.

Ilze ·

En dit is hoekom hulle byeenkomste soos Bokkie week, wat as rassistiese geken word, aan deelneem. Top spelers wat net ongelukkig die verkeerde vel kleur het. Die kwota systeem beskadig AL ons sport manne en vrouens met potensiaal.

Jaques ·

My seun het 3 jaar agtereenvolgens vir sy provinsie gespeel. Die jaar self besluit om Bokkie week toe te gaan aangesien die kwaliteit beter is.

Nico ·

Ek dink Bokkie week is baie beter en lekker vir die kinders ook. My kind in BCVO so dit sal ook my pad wees wat ons gaan loop.

Ulrich ·

Daarom het ek Bokkieweek begin ondersteun,was 13 jaar daar betrokke en was dit nie vir die afstand nie was ek nog steeds daar.Ons sport raak net swakker en swakker

Anoniem ·

Julle noem Julle self Suid-Afrikaners SHAME ON YOU – wat ‘n patetiese skande !!!!

Boer-in-die-Wind ·

Nee Anoniem, ek noem myself nie ‘n Suid-Afrikaner nie. Eerstens, ek is te skaam. Tweedens kan ek nie identifiseer met die idee wat ‘n Suid-Afrikaner is of wat van die land geword het nie.

Keelvol ·

Daar is GEEN TOEKOMS vir ons kinders in hierdie rassistiese dubbelstandaard land nie. Ons behoort soos een man uit SA te gaan- en LOS HULLE om te verhonger.
Brand net eers alles af,los hul le met niks.

Joubert ·

Anoniem, ek noem myself ‘n Boer, maar ek boer nie vir ‘n lewe nie. Ek bly in ‘n land saam met ander kultuurgroepe, maar ek is op baie maniere anders as hulle. Ek en my mense word op die oomblik onderdruk, maar ons sal weer opstaan as die tyd reg is.

Flip ·

Ja dis hoekom jy anonym wil bly………een van daai wat net praat en eintlik niks se nie…..

???? leser ·

mooi so Kallie en Afriforum, roer hulle, wys die klomp ons as wittes kan ook geraas maak

Elizna ·

Dus al so vêr by skole dat my kind reeds in January on kennis gestel is dat die kwota vir prefekte nie toelaat vir meer as 2 wit kinders nie.ons is net onder 200 wit kinders uit 1000 in skool. Ons kinders probeer nie eers meer aan sport deel neem nie.gelukkig het my kerk jaarliks n toernooi en sover as namibie kom neem deel.

B ·

Gebeur al vir 15j + al. My kinders en hulle maats het al in laerskool daaronder gely.
(Die kinders het dan ook inderdaad na die uitgesoektes as die ‘kwotas’ verwys. ‘Nee pa, daar is 6 wittes en 5 kwotas in die span’. ‘Louise het ongelukkig nie span gekry, sy moes plek maak vir die kwotas.’)

aj ·

As Apartheid bestempel was as ‘n SONDE TEEN DIE MENSDOM …agv rassediskriminasie …. dan is NSA se huidige rassediskrim8nasie mos ook verkeerd?

Looi hule Afriforum!!!

Helena. ·

Netbal loop nou die pad wat sokker loop..daar is geen wit speler in die bafana bafana span nie..netbal begin sommer op skool vlak net swart spelers kies. Dis n skande om dit aan kinders te doen..die swartes sal baie vinnig agter kom hulle is nie die beste spelers nie, dis maar net die vel kleur wat hulle bevoordeel. Die vraag bly..waarom..

Spike ·

Los die comrades en kaders. Laat hulle in patetiese afrika agterbly.

Hettie ·

Dit gebeur orals. Rugby is al klaar so maak nie saak of jy goed speel of nie as daar nie genoeg ander kleuriges in die span is nie jammer dan moet jy maar eenkant staan tot wanneer die span volledig is 50/50. Maak nie saak of jy die beter speller is nie. Dit is hoe dit is en dan is dit ook nog ‘n geval van die laerskole koop leerders aan van die Kaap af om seker te maak die kwota is reg vir hulle. En die kinders wat van die Kaap af kom kry voorkeur op alles

Anoniem ·

Dis baie onregverdig teenoor meisies wat goed kan speel. Die laaste 5 jaar wat ek by netbal proewe geskeidsreg asook keur moes ons aanduiding gee oor velkleur en ‘n spesifieke getal wit en swart keur.

Judge Dredd ·

So wat het gebeur van die Sunset clause vir wit vrouens ?

HM ·

Ek is nie eers geskok nie. Agv sulke gebeurtenisse verloor ons talentvolle spelers.

Wonder net ·

Sou dit heeltemal onmoontlik wees om n ‘privaat’ span te kies en as ‘onafhanklike span’ te laat deelneem aan buitelandse kompetisies? Laat die nasionale span sien waar hulle eindig.

kolla ·

Jy sal nie as ‘n nasionale span kan deelneem teen ander nasionale spanne nie.

Braam Maree ·

Die resultaat. Kyk maar wat op die oomblik met die krieket wêreldbeker daar in Engeland gebeur

H ·

raak gewoont daaraan SA, ons is niks meer in die land nie, ons word oorrompel van alles wat ons besit in hierdie land

piet piet ·

Ek betoog stilweg elke dag oor die diskriminerende wetgewing teen die minderhede maar niemand ondersteun my ooit,na 25 jaar moet ons begin demand.

Kallie ·

Nog erger, blankes het ‘n probleem geword vir die regering.

LINDA JOUBERT ·

Wat van hokkie? Voordat proewe gespeel word word daar gesê 7 kleur en 8 wit. 90% van die kleur sit in privaatskole of bo-gemiddeld goeie skole? Hoe is dit regverdig?

kolla ·

My broerskind het verlede jaar die WP hokkie-span gehaal. Natuurlik moes die helfte van die span anderskleurig wees. Ons is nogal trots omdat sy gekies is selfs onder daai omstandighede, nog te meer omdat sy nie eers van een van die tradisionele top hokkieskole is nie.

Christy ·

My seun het in Gr6 eers “kleur” in ander kinders begin sien toe hy Noord-Gauteng hokkie gespeel het. Spanne is gediskwalifiseer as hulle kwota van 50% nie reg was nie of die kwota-spelers nie genoeg tyd in elke wedstryd gespeel het nie. Die regering het ‘n goue geleentheid gehad om ‘n generasie te begin wat nie wit of swart is nie maar net Suid-Afrikaners. Met kwotas leer hulle ons kinders wat rassisme is.

Anoniem ·

Betoog en kerm gaan nie help nie. Ons moet net besluit dat ons kinders aan geen span sport meer deelneem nie en laat die sukkelaars voort ploeter.

Mary ·

Niks nuuts. Dit gebeur al jare lank ook in SWD. En ook by hokkie, rugby en atletiek!

Anoniem ·

Kwotastelsel in skole netbal is al vir meer as 13 jaar daar!!!!
My kind het self hierdie jaar wel die span gehaal.
Sy was vorige jare nie gekies nie – en ons verskoning was nie kwota nie – sy was doodeenvoudig nie goed genoeg nie…..Sy het teruggegaan “drawing board” toe en net harder gewerk. As jy weet die kwota is 50%, 3 spanne van 10 spelers elk word gekies beteken dit jy moet sorg – en hard genoeg werk- om een van die beste 15 te wees wat gekies word.
Ons het ‘n ander maat wat vir 6jaar elke keer deur is na finale rondte en en uiteindelik hierdie jaar die span gehaal het. Verskonings gaan ons kinders nerens bring nie. Hulle moet doodeenvoudig harder werk en sorg dat hul die beste is.
Ja my kind het verlede Bokkieweek ook gespeel toe sy nie Gauteng span haal nie. En daar is dit ook nie als 100% nie.

Die feit dat “armer” gemeenskappe en spelers ontwikkel moet word gaan weer ‘n ander blik wurms oopmaak…..

U/ netbalspeler ·

Ek is een van hulle. Oor die jare leer ‘n mens maar om met dit te cope, maar elke jaar is dit nogsteeds ‘n tranedal. Ek het bokkieweek SA span gemaak … maar nie eers Gauteng span nie !
ASB AfriForum, skreeu ! Maak geraas !

JK ·

Ek was hierdie jaar ‘n keurder by een van die provinsies se streeksuitdunne vir laerskoolnetbal (0/13). Die meisies word op ‘n puntestelsel beoordeel. Die 4 keurders se punte word na die tyd opgetel en die 30 meisies met die meeste punte word bevorder na die provinsiale proewe. Uit die 30 hoogste tellings was daar 6 swart spelers. Maar, daar is reguit vir ons gesê dat 15 uit die 30 spelers swart moet wees. Ons moes dus 9 puik spelers uit die span laat om aan kwotas te voldoen. Die algemene gevoel onder die keurders was dat dit ‘n algehele skande is om so iets aan kinders te doen. Aan die een kant ontneem jy ‘n kind iets was sy regtig verdien en aan die ander kant gee jy vir ‘n kind iets wat sy glad nie verdien nie. Jy stuur aan albei kinders ‘n baie verkeerde boodskap. Ek het die dag met ‘n swaar hart afgesluit.

Pippie Langkous ·

En my dogter van 12 was een van daai waar ek haar moes verduidelik het (Of altans probeer het) hoekom sy dit nie gemaak het nie. My hart was so seer vir haar en hoe verduidelik ek as Mamma nou vir haar sy was nie goed genoeg nie, nadat ons weet sy was by verre baie beter as van die ander meisies. Dit was baie hartseer.

Chantal ·

Pateties!! Die Oos-Kaap het net so sleg daaronder gelei. My dogter was een van hulle. Maak eers n fout met die nommer aankondiging, vind toe uit haar punte was onder die top 10. Kry n week daarna n oproep sy is nie meer in die span want dan gaan die kwota nie reg wees. n hele paar moes uitval weens daai rede. Hoe verduidelik jy aan n kind jy was van die beste by die proewe maar weens dit is jy nie deel van die span? Van die beste spelers is nie in die spanne gekies of stel net nie eens belang om te gaan na die proewes weens die redes.

kolla ·

Ek wonder hoe die meerderheid swart mense voel oor die kwotastelsel. Ek reken as geld betrokke is soos in professionele sport gaan die meerderheid dit steun. Dis hoekom hulle ook BEE en AA ondersteun omdat dit tot hulle geldelike voordeel sal wees, wie sou nie?

Swartwolf ·

Natuurlik sal hulle dit ondersteun veral as hul nie daarvoor hoef te werk of presteer soos in ‘n meriete gebaseerde sisteem nie. Lewer so mun as moontlik vir so veel as moontlik. Gaan al 350 Jr so.

Karina ·

Dit is baie onregverdig. Nie net vir die wit meisies nie, maar ook vir die nie blankes wat goed genoeg is om daar te speel. Ek het self n paar jaar terug by een van die provinsies gekeur vir provinsiale spanne, by die prelims is reguit gese 10 blank en 10 nie-blank, dar het slegs 3 blanke meisies by ons proewe opgedaag, waarvan slegs een goed genoeg was om deur te dring, ons MOES al 3 stuur en van die nie blanke meisies wat goed genoeg was is uit die sisteem gegooi. Dit spook tot vandag toe by my. Dus is dit onregverdig teenoor die ontwikkeling van enige kind, blank of nie blank, as jy goed genoeg is moet jy gekies word. Punt.

Niklaas ·

Die kwota stelsel is geskep om vrot spelers op te hef tot plekke in n span. Hul was glo kastig voorheen benadeeldes en minder bevoorregtes. Maar die span verswak dan. Dis waarom ek die minimum rugby deesdae kyk , soms net hoogtepunte agterna wat heruitsending is. SA sport verskaf weinig plesier die laaste 5 jaar

Henk ·

Nou verstaan mens waarom dit so sleg gaan met die Springbok rugbyspan en die Protea krieketspan wanneer hulle te staan kom teen spanne wat op meriete gekies is.

Hanna Hoekom ·

Nee wat, die sokker is mos nou getransformeer! Geloofwaardigheid voor kundigheid. BEE en kwaliteit kan nooit in een sin genoem word nie!

Bul ·

50 m moet beskerm word teen 5 m op alle vlakke van die samelewing. Ongelukkig kan die 50 m se voordeel nie genoeg kwaliteit skep om beter resultate te lewer as meriete nie inteendeel resultate en prestasie gaan agteruit.

Oudnetbalouer ·

Die ander interressante ding is dat hulle die kwota spelers uit model C skole móét kies omdat die agtergeblewenes nie geld het nie. En behalwe dat die ouers moet opdok moet hulle baie baie fyn beplan want die ongelooflike gesukkel om datums uit organiseerders te kry beteken dat vliegtuig kaartjies en verblyf op laaste minute gedoen moet word..

KrokodilBotha ·

Julle moenie van regstellende aksies vergeet nie. Te danke aan ook die DA ondersteuners wat jare lank daarvoor stem. Waarom nou kla.

piet piet ·

Ware woorde ek hoop nie daar is DA stemmers wat nou kla nie.

Manie ·

Bogger hulle. Maaka julle eie span en wys hulle????????????????????

De Villiers ·

Rassiste! Kla hulle aan van rassisme, want dis presies wat hierdie is. Kwotas, regstellende aksie, SEB, toelatingsvereistes by instellings gebaseer op ras (soos mediese rigtings by universiteite), is alles rassisme. Dit word net ‘n ander naam genoem.

m.d.r. ·

Enige span wat deur die kwota stelsel kom is net ‘n politieke uitnodiging span…!
Jou kind se welsyn is JOU verantwoordelikheid…is dit tot sy/of haar welsyn om blootgestel te word aan hierdie soort van onderdrukking…? Weier net dat jou kind vir enige verteenwoordigende span speel. en los die ou spul om voort te ploeter…!
Intussen behoort ons wittes by alle internasionale sport liggame aan te dring dat SA geskors word—-die Swartes het dit gedoen en ook geslaag.
Wat is die ergste–onderdrukking deur ‘n minderheid, of onderdrukking deur ‘n meerderheid. ?Wat gaan die gouste internasionale simpatie opwek…?

Dries du Toit ·

Hierdie kwota storie maak dit so maklik om van die verfoeilike DSTv ontslae te raak ek was sport mal maar raak nou vinnig genees van dit

jaco ·

uitsluiting uit n sportspan net op grond van ras is niks. wag totdat dit uitsluiting en sommer uitmoor is net weens die “verkeerde” ras. Sulke goed het al gebeur, onder andere in die hoogs beskaafde Duitsland tot so onlangs as 1945.
So, ons mense wat so kla moet eerder stilbly.
dis n minderheid onder ons mense wat kla oor alles: uiteindelik word ons ALMAL gestraf omdat ons glo almal “reaksioner” en “teen transformasie” is. Dan sal ons wens ons het maar stilgebly oor bietjie diskriminasie teen ons in sportspanne en teen ons taal.

Boer-in-die-Wind ·

Jou logika klink soos ‘n tipe ‘battered wife syndrome’.

Rupert Ashford ·

Evil flourishes when good men do nothing. Gaan voort as jy dink dit gaan jou uit die moeilikheid hou.

Yolandi ·

Wag tot jy jou o/12 seun se trane moet afdroog omdat hy proewe gespeel het en verkeerde kleur is, en n o/13 swart speler sy plek kry. Rugby is nie veel anders nie

Hettie ·

Ja en dan moet jou seun maar vir die 2de span uit draf al is daar al die spelers in die 2de span wit. En hulle doen 10 keer beter as die 1ste span. Maat hulle kan nie vir die skool se 1ste span speel nie… dan wonder mens waarheen. Kinders is net kinders hulle doen hulle beste op die skool en sportsgronde maar word nie erken nie. Oor hulle vel kleur…

Charlene ·

Hokkie… ja, daar het ek n dogter wat laas jaar as n O/11 dogter vir die O/12 Limpopo hokkie gespeel het. Ons het verhuis na Pretoria en hierdie jaar aan die Gauteng proewe deel geneem het. Sy was daar tot die laaste ronte en sy en 15 wit bekwame uitstekende hokkie spelers moes plek maak vir die enigste 16 kwota spelers wat moes span kry om die rasio vir kwotas te regverdig. Hoekom het Afriforum ons nie ook gehelp nie? Die kwota stelsels verwoes jong wit gedrewe atlete/spelers in SA om op te gee. Dit is moeilik om aan jou kind te verduidelik dat sy steeds goed genoeg is, trane moet afdroog, nie oor suur druiwe nie maar oor realiteite wat ons in die gesig staar oor sport wat op die ou einde nie meer sy waarde gaan handaaf nie. Sterkte aan elke ouer wat moet toe kyk hoe dit hulle kinders afekteer!!!????

Anoniem ·

Charlene, hou in gedagte dat dit ongelukkig baie moeiliker is om by Gauteng span te kry as by die ander provinsies agv hoeveelheid skole, getalle ens.
Selfs as jy na atletiek uitslae kyk sal jy dit sien.
Ons bly op die grens van Vrystaat en Gauteng. My kind neem vriendskaplik deel teen die Vrystaat skole en wen. Sy gaan deur Gauteng toe maar kan daar nie eers finale haal nie so sterk is die kompetisie.
Dan gaan die wie sy gewen het deur hul Vrystaat byeenkoms SA’s toe met swakker tye/hoogtes as Gauteng atlete wat beter is.
Dit is maar hoe dit is in Gauteng. Daar is net baie meer skole en kinders om teen mee te ding. Die kwota ding kom nie van SA Skole netbal of selfs Gauteng netbal af nie maar van HEEL BO AF – die regering!!

Pieter ·

Dankie Afriforum,ons laerskool dogter moes deur dieselfde onregverdigheid gaan hierdie jaar,selfs een van die skeidsregters van die finale rondte was verbaas dat sy nie span gekry het nie,aangesien sy die beste in haar posisie gedoen het volgens haar,kyk asb na al die provinsies,die ongeruimdhede is beslis nie net in Gauteng nie,verder oos is presies dieselfde

Gemaskerde Sopbeen ·

So baie mense vra “Hoe verduidelik ek dit vir my kind?” Jy doen dit so: Jy vat jou kind en kyk hom of haar in die oë en sê, “My liewe kind…daar word nou teen jou gediskrimineer omdat Pappa en Mamma nie vir onsself gedink het in 1990 nie, en vir ‘n verraaier die mandaat gegee het om die situasie te skep waain ons onsself bevind. Pappa en Mamma is regtig jammer omdat ons nie die ruggraat gehad het om op te staan teen hierdie uitverkoop nie…..omdat dit soveel minder moeite was om ‘n ander man se “reënboog-fantasie” te glo. Ons vorige regering het namens ons gedink en alles vir ons gedoen…en dit het veroorsaak dat ons na 48 jaar daarvan NIE langer vir onsself kon dink of doen nie. Ons is jammer….maar gaan ons bes probeer om jou by ‘n kwalifikasie uit te kry, en dan ‘n vliegtuigkaartjie te koop waarmee jy ‘n menswaardige lewe in ‘n Eerste Wêreld land kan gaan leef….Pappa en Mamma gaan jou mis, maar dis die straf vir ons ruggraatlose gedrentel soos skape agter ‘n wagter aan. Dis niemand anders se “skuld” dat jy nie gekies word nie…………behalwe ons eie!!!”

Alex ·

Maar aan die anderkant, my kind, as ons Nee gestem het destyds, sou ons nou in ‘n burgeroorlog gewees het en jy sou glad nie bestaan het nie, want ek en mamma sou nooit ontmoet het nie. So wat kies jy, my liewe kind?

Kallie ·

My kind, mamma en pappa moes reeds in 1990 geëmigreer het. Dan het jy nou in ‘n eerste wêreld land gewoon waar jy die hoogste sport kon bereik. Ons was net te slap om dit te doen.

Elvira ·

Daardie dae van op meriete n plek kry is laaaaaaankal verby. Nou is dit n gekonkel en as jy nie n sekere mens is nie kan jy maar vergeet.

DR ·

My seun deel van provinsiale O/19 rygby span, net in groep van 30. Elke week hoor hy of of ek hy speel nie Saterdag nie,,, hulle moet kwotas op maak.

Rugby Ma ·

Cravenweek span huidiglik 11 wittes 11 kleurlinge en 2 etniese spelers. Dis goed so maar nou by wedstryde moet daar te alle tye 65 % kwotas op die veld wees so jou kind wat volspan gekry het kry minder speelkans as die Reserwe wat eintlik net kwota speler is, omdat daar te aller tye net 35% wit spelers en 65% swart spelers op die veld mag wees !?

Sê-maar-net ·

Ons kinders begryp nie hierdie optrede nie. Hoe moet hulle positiewe verhoudings in die klaskamer, op die sportveld en tydens hulle verjaardagpartytjies handhaaf met maats wat deur ‘n onregverdige stelsel voorkeur geniet? Is dit hoe ons leiers positiewe menseverhoudings in ons land wil bou en handhaaf? Hulle doen die teenoorgestelde!

George in Bloem. ·

Hierdie ANC sportbeleid werp wonderlike vrugte af Kyk net hoe pragtig presteer die Protea krieketspan in die wereldbeker? Nul uit drie na vandag se loesing teen Indie? Hulle moet sekerlik so trots sees? Spul verdompde narre. Viva! Hahahaha!

Marius van Australie ·

Gaan kyk gerus na – http://www.paladinsports.com.au – geen politiek nie, kantore regoor die wereld behalwe natuurlik in Suid-Afrika.

Baie van julle skryf en lawaai, soos ek ook, maar dit gaan niks help nie. Los die provinsiale proewe, dit is ras-gedrewe met politieke agendas agter dit, ongeag hoe goed jy ookal is omdat jou velkleur Kaukasies [Wit, westers] is. Gaan woon die beter alternatief by, naamlik die Bokkie-week en dan kan jul oorsese toernooie reel sonder politieke inmenging. Dit is nie politiese aangedrewe nie maar is plein “common-sense” dat as jy sport wil haal, jy vir jouself vorentoe sal moet sorg.
Ek’t al amper 19j gelede geemigreer en het seker die laaste Bokkie-wedstryd ooit op die destydse Pam Brink-stadium in Springs bygewoon waar ek ook as IT-onderwyser werksaam was. Toe was dit alreeds vir my baie duidelik wat besig is om te gebeur. Ek het landloop, atletiek en rugby afgerig en toe my Oos-Randse landloop span wat uit gekose skoliere op meriete van Hugenote, Johan Jurgens, Springs Tegnies en Springs High skole bestaan het een Saterdag oggend by Tembisa naby Kempton Park aankom, is hulle eenvoudig “geswamp” deur letterlik duisende anderskleurige skoliere wat aangery is met busse na die toernooi, het ek die skrif aan die muur gesien. Baie onderwysers van Springs sal my sekerlik nog kan onthou. Dus daar is geen pyn hieroor nie, doen jou eie dinkwerk en gaan Bokkie-week toe.

Apache ·

Baie dankie Afriforum, dit is tyd dat meer lede aansluit by Afriforum en begin doeltreffend terug slaan aan al die ongeregthede in ons land.

André Basson ·

Begin golf speel. Daar speel jy vir jouself en kan hope geld maak.(As jy dit kan bekostig.)

Brandwag ·

Jip rugby dieselfde.Swart spelers uit die 2de,3de en 4de spanne word opgetrek nie eers proewe gespeel nie vir die craven week en akedemie spanne en Luiperds se skeidsregters is nie op standaard nie dit weer Dinsdagaand gesien tussen Lichtenburg en Koster se klub spanne.Ek praat van die Luiperds want dit is waar ek die meeste skade gesien het teenoor rugby spelers en diskriminasie oor ras.

Ore ·

Aaan almal wat kla,wie van julle eet uit by plekke sos bv Die Spur of Ocean Basket ens?
Ek neem aan julle het nie opgemerk dat daar geen wit kelners is wat mens bedien nie.Kan iemand dalk ‘n lys versprei van eetplekke waar daar nog wit kelners is en dan is my beroep dat ons daardie plekke eerder sal ondersteun.Swartes beskou kwotas as hulle reg,so hulle het geen beswaar daarteen nie.

Oom Koos ·

Liewe ouers, Julle behoort teen die tyd te besef dat witmense nie meer welkom in Suid-Afrika is nie. Doen die regte ding en stuur jul kinders na private skole sodat hulle toegerus is wanneer hulle hul heil in ‘n ander land gaan soek. Glo my julle sal nie spyt wees nie.

Span sport en balle ·

Los waar jy uitgegooi word, en doen iets anders. Verkieslik waar jy nie in ‘n span speel en hulle moet dra nie. Gaan swem, en wen. En as jy uitklim, dan gooi jy daai KUIF van jou dat die water so spat van plesier. Want jy het ‘n kuif.

Uncle Buck ·

Jammer, diskriminasie teenoor spelers kom al van voor ANC regering se tyd af. Sekere skole het altyd spelers in die span en of hulle nou goed is of nie. So blameer maar skool-hoofde ook.

En nou? ·

As ek al die WIT dames vat wat nie plek gekry het oor hul velkleur nie en ek maak ‘n span of twee uit hierdie meisies uit, sal ons enigeplek mag deelneem of gaan hulle ‘n eier le oor dit ook? Mag ‘n “private span net uit een kleur bestaan”?

Tiny ·

PRESIES!! As hulle dan nie wil he ons moet saam met hulle speel nie, dan speel ons maar op ons eie.

Bokkie ·

Die wat uitgelaat is, maak ‘n bokkie span dan speel julle teen mekaar en kyk wie wen!
Hierdie jong kinders is nie indie apartheidsera gebore nie! hulle raak saam groot en gelyke geleendhede en hoekom word daar nou ongelykheid tussen die kinders? Ek wonder of die ANC regering nie skaam kry as hulle die krieketspan in die wereldbeker sien speel nie, want dit is die resultaat wat jy kry! kies die beste span ongeag die kleur! GO BoKKIE WEEK!! Die ergste die kinders kry nie werk in SA nie, maar hulle moet belasting betaal vir hierdie swak regering wat hul nie van werk kon voorsien nie. Pateties!!

Lizbe ·

Hierdie kwotas stelsel geld in alle sport!!
My kind het tennis gespeel en is opgeneem in die Interpro span waarvoor haar skool ere kleure toeken. Ongelukkig moes sy haar plek in die Interpro span opgee vir ‘n voorheen benadeelde speller!!! Hoe verduidelik jy dit vir ‘n 15 jarige kind wat hard oefen, gedrewe is en haar alles gee vir tennis, dat ‘n kind wat NIE EENS PROEWE GESPEEL HET NIE, haar plek nou vat?
Ons kinders word so negatief grootgemaak met hierdie kwota stelsel!!

Ilse Cronje ·

Dankie dat julle hierdie verder vat en ondersoek Afriforum. Die probleem le egter nie NET by netbal nie. Gaan kyk maar net hoe n groot gemors is die hokkie keuring.

Tiny ·

Baie maklik. Onttrek aan skole sport en begin eie ligas. FFS!! Wie het politiek en rasse diskriminasie nodig in sport? As hulle nie wil he ons moet saam met hulle speel nie, dan speel ons op ons eie. Suid Afrikaanse sport is in elk geval ‘n KLUG.

Lizzy ·

Stem 100% saam. Los skole sport uit, dis in elk geval net ‘n klug. As jou kinders uit blink, laat hul aan privaat klub behoort of so iets

Valerie ·

Wel, lande soos NZ, Engeland, en Australië sal nie nee sê vir SA talent nie. Ook veiliger en skoner daar. Go, girls!

Corrie ·

En huĺle verwag dat ons die skolespanne moet borg.???? As my taal en kleur nie goed genoeg is nie is my geld ook nie

Swartwolf ·

Seker almal is trots op hul familie wat kwota spelers in spanne is waar hulle onder normale en regverdig kompetisie nie die derde span sou maak nie. Tot dit kom by kompeteer met ander spanne wat op meriete gekies is dan wys dit darem erg. Is hulle nog so trots op daai patetiese prestasie? Vra SA Krieket en Bok rugby…..

simon ·

ek kry julle so jammer wat julle weet teen die tyd dat afrikaners praat en praat. doen net mooi niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.