57-jarige met kinderpornografie betrap

(Foto: Unsplash)

ʼn 57-jarige man is in Witbank in Mpumalanga in hegtenis geneem toe hy glo met kinderpornografie betrap is. Hy staan ook tereg op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Die man het Dinsdag in die Emalahleni-landdroshof verskyn, het kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) het inligting van die gemeenskap ontvang oor ʼn verdagte wat pornografiese materiaal in sy huis stoor. Beamptes het die inligting opgevolg en ondersoek ingestel,” het Mdhluli gesê.

ʼn Klopjag is Maandag op die man se huis uitgevoer. “Beamptes het die perseel deursoek en op hardeskywe, skootrekenaars en tabletrekenaars afgekom. Sowat 9 000 stukke pornografie, insluitend video’s, is gekonfiskeer.”

Tydens die soektog het beamptes ook op ʼn rewolwer afgekom en die verdagte kon nie ʼn lisensie daarvoor toon nie.

“Die man is in hegtenis geneem en het gevolglik in die hof verskyn. Hy is vrygelaat op borgtog van R1 000. Hy moet op 28 Oktober vanjaar weer in die hof verskyn.”

Lt.genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die lede van die publiek geloof vir die rol wat hulle gespeel het om die persoon aan te keer. “Dit baan die weg tot ʼn veilige omgewing vir vroue en kinders in ons samelewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Borg!! En slegs R1000. 00.? Hy is veronderstel om in aanhouding te bly!!! Hy lag nou lekker en niemand gaan hom weer sien nie. Koebaai, Meraai!!!

Maggies ·

Wat is die waarde van ‘n kind wie se lewe vernietig word deesdae? ‘n Skamele R1000.00? Geen wonder hierdie regstelsel skrik nie die kriminele af nie.

BOKKIEBEK ·

Wat ‘n grap….iemand wat sulke materiaal versamel is 99% van die tyd ook ‘n pedofiel, so hy word op borg uitgelaat van R 1000…net om verder met kinders te lol en onregmatige fotos te neem???? BELAGLIK!! Hy moes opgesluit gewees het met die doel om nooit weer vrygelaat te word nie!!!

ES ·

Nie heeltemal parool nie, maar eerder borg. Mens kan slegs in aanmerking kom vir parool as jy alreeds tronkstraf uitgedien het. Hulle moes hom borgtog geweier het.

ES ·

Die hof moet ophou om mense wat sulke ernstige misdade pleeg borg te gee.

Buck ·

Lag my gat af vir die regstelsel. R1000, hang die vark op man

007 ·

Hoe kan sit die weg baan vir veiligheid van baie mense in SA, as hy op borg uit is. Belaglik!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.