57 mense per dag in SA vermoor

Argieffoto: SAPD

Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdag die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak vir die boekjaar 2017-2018.

Die statistieke is vir die 12 maande van 1 April 2017 tot 31 Maart 2018. Cele het bekend gemaak daar was in die tydperk 20 336 moorde, 1 200 meer as in die vorige tydperk.

Gevalle van poging tot moord het van 18 205 na 18 233 toegeneem en seksuele aanranding van 6 271 tot 6 786. Die getal verkragtings het van 39 828 na 40 035 toegeneem.

Daar is in die afgelope boekjaar nagenoeg 2 miljoen ernstige misdade by die polisie aangemeld.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Hennie ·

Skokkende syfers wat die minister van Polisie rooi van skaamte behoort te laat. Dan praat ons nog nie eers oor die korrektheid daarvan nie.

Hanna Hoekom ·

Volgens minister Sisulu het niemand enige rede tot vrees vir hul lewens in ons “demokraties verkose” land nie… Almal (boere ingesluit) wat durf die waarheid praat, is nie polities korrek nie, rassiste en wil net Suid-Afrika se beeld in die buiteland skaad. Nou ja toe, need I say more?

Chantell ·

20,000+ moorde in net EEN jaar!!?? Liewe Hemel mense!!! Dis verskriklik!!! Maar met ons vrot polisiemag en korrupte leiers wat nie ‘n woord rep hoort mens eintlik nie verbaas te wees… Wat verwag jy in ‘n land waar misdadigers amper meer regte het as die slagoffers.

Ek is skoon onsteld hier waar ek nou sit.

Leeutjie ·

Nou het jy die statistieke Mnr Cele…wat gaan jy daaromtrent doen??

Anto ·

Goed mnr Cele nou dat jy self die skokkende syfers uitwys, gaan jy dit nou uitwys vir jou mede kollegas in die parlement sodat hulle dit uit jou eie mond hoor hoe sterf die wit mense onder die hand van EFF ANC en julle mater

Al ·

Soos ek reg verstaan het, is daar nie rede tot kommer oor wetteloosheid volgens hom.
Ai tog, volstruis ruk jou kop uit die sandgat!

Estelle ·

Ek stem dat die syfers waarskynlik nie akkuraat is nie, nie met ñ onvermoë van behoorlike rekordhouding waarop ons regering hulself kan roem nie. En die vraag vir my is, wie is dit wat mekaar vermoor… wit op wit, swart op swart, wit op swart of swart op wit. Dit behoort nie saak te maak nie, maar ongelukkig het ons regering dit vir my noodsaaklik gemaak om hieroor te wonder. Ek sal myself verstout om te waag… die groot meerdereid sal swart op swart en swart op wit wees.

Jacques ·

Nie te vrese nie mense . Me Sisulu het dan gese SA se mense is wetsgehoorsame mense .
Sy weet dalk iets wat ons nie weet nie , of ek wonder wat sy se oor DIE syfers ?

Neutraal ·

Sonder om na stastike te kyk weet ons mos geweldmisdade neem toe. Daar bestaan geen afskrikmiddel nie. Doodstraf is weg, hiérdie oortrders word op borg vrygelaat en is die “baas” in die tronk met selfoon, tv, werk miskien as hy/sy so voel gedurende sy vakansie aldaar. Sit vir klompie jare vet en sleg word op belasingbetalers se swaar vediende inkomste.

Dafer ·

Kom ons aanvaar maar die syfer van 20 336 as korrek.
Ons bevolking is nagenoeg 60 miljoen.
Die VSA se bevolking is nagenoeg 330 miljoen en hulle moord syfer is omtrent 18 000, en dit word as hóóg beskryf in vergelyking met ander lande in die wêreld
Die syfers is sprekend van die vlak van beskaafdheid in hierdie land!

volla ·

Die moordsyfer op blankes in SA is laer as die moordsyfer op blankes in Amerika. As blanke is jy veiliger in SA as wat jy in Amerika sou wees.

Dafer ·

Behoort die toestand in Suid Afrika nie as ‘n oorlog verklaar te word nie?

falconetti ·

hoeveel van hierdie moorde en verkragtings was kinders? misdade teen kinders moet aparr gekatagoriseer word en uiters swaar gestraf word. die toename bewys een ding…. die oortreders is nie bang om te oortree nie. maar wat verwag ens anders in n land waat rassisme swaarder as moord bestraf word? waar haat deur politiesie en leiers aangeblaas word? die

HPV ·

Twintig duisend mense word per jaar vermoor. Wat meer kommerwekkend is hoeveel van die moordenaars is en word aangekeer? Maw 400 000 mense is die afgelope jare vermoor, maar daar is nie soveel moordenaars in die tronke nie, duisende loop los!
In ander Afrika lande word die syfers as ‘n menseslagting beskou en die VN word ontplooi. Wat is dan anders in Suid Afrika?

volla ·

Wat was die moordsyfer gedurende apartheid? Ek twyfel of daardie regering juis veel aandag gegee het wat in swartgebiede gebeur en of enige statistieke vir daai gebiede bygehou is.

Staak ·

Daai statestieke is so gekook, n klong spring van n bakkie af en poging tot mooed word ondersoek teen die blankes.
Aanvallers gooi gif in n blanke se gesig en mond en rand hom aan met n graaf en die SAPD ondersoek n huisroof saak.
Daai statesiek is maar net om die regering se beeld te poets, lokaal en in die buitewereld maar dra geen geloofwaardigheid nie.

volla ·

Ek reken die moordsyfer was ook baie hoog gedurende Apartheid. Daai regering het net nie die moordstatistieke in swartgebiede bygehou nie.

Chantell ·

Jy sit die pot mis. Wat maak dit nou ENIGSINS saak of dit destyds ook hoog was?? Feit is ons sit met ‘n verskriklike hoë moordsyfer onder die HUIDIGE regering… Ons hoort eerder te vra: wat gaan hul NOU daaromtrent doen

John Samuel ·

Asseblief tog nie!!! Wil ‘ons’ dan waaragtig die regering – wat telkemale bewys het hulle kan nie met mag Verantwoordelik optree nie – nou nog die mag oor lewe en dood ook gee…?!?
Doodstraf is nie die goue pleister wat almal dink nie. En ons moet ophou soos “broken records” klink, en begin dink…

Di ·

Raadslede vermoor mekaar nou al, wys jou waarheen is hierdie land oppad!!
Hulle wou mos die grense oopmaak vir elke jan rap en sy maat – nou is dit te laat. Daar is geen manier hoe hulle dit gaan regkry om hierdie gemors spul om te draai nie. Almal het oor die grense die land ingesypel, hier kom plak in die land van melk en heuning en verryk hulself deur misdaad op onskuldige mense.

wielie ·

En nog steeds moet ons hoor van die 9/ 11 van Amerika. Wat van SA???

Mrs H ·

Dit verbly my, as ek sien dat hy ook oor sy bekommernisse ivm plaas moorde en aanvalle teenoor boere asook plaas werkers mee gedeel het.

Nou ja Toe. ·

As hierdie aktiwiteit tot nasionale sport verklaar word, het ons hoop om weer n slag ons kop hoog te hou.
Rugby & sokker is vir vermofdes.

Annelize ·

Net 57? En hoe is daar gekook om by die syfer uit te kom? My gesonde verstand se vir my die getal is baie meer.

eksemaarnet ·

Daar is dit nou 57 moorde PER DAG… nou wanneer gaan mense begin opstaan teen AL die moorde in ons land en ophou om eensydig te veg vir net plaasmoorde. Ja dit is wreed en dis aaklig maar so ook elke ander moord wat gepleeg word. Begin opstaan en veg vir ALLE mense oor ALLE ras en kleur. Begin opstaan vir regverdiges en die onskuldiges. En hou op om eensydig te kla oor die misdaad in ons land.

Skokkend ·

Jys seker TROTS op jou statistieke want ek sien GEEN poging word aangewend om dit op enige manier of plek te bekamp nie, nie op plase nie, nie op die kaapse vlakte nie, nie in townships of informal settlements nie . so JY IS NIE ERNSTIG OOR MISDAAD NIE, solank dit jou nie raak nie is jy heel happy … Ek noem dit USELESS.

Haapie ·

Dis verskriklik en aan die ander kant counter dit die bevolkings ontploffing , oor 30 jaar is afrika weer net vlaktes vir diere .

Spark Plug ·

Wow…dis baie minder as wat ek verwag het. Iewers is n slang in die gras..iemand kan nie lekker optel en aftrek nie

marous ·

En wat was die ander een miljoen nege honderd vier en dertig duisend nege honderd ses en veertig , ander ernstige misdade mnr die minister ?

Hansmyt.eeiskoud ·

Dit meen 57 goeie ANC stories om te vertel per dag! Dit laat die apartheids regering soos n kinderkransdans lyk!

volla ·

Die apartheidsregering het nie moordsyfers in swartgebiede bygehou nie, nie belanggestel wat in daai gebiede gebeur nie.

volla ·

Die moordsyfer vir blankes is laer as die wereldgemiddelde. Julle kla met die witbrood onder die arm.

·

Volla ons is n baie baie kleiner bevolking as die res van die wêreld. Dit is nie ons wat onself so uitmoor nie (behalwe vir hier en daar n geval). My skoonouers was vir die dood agtergelaat maar het dit oorleef. Praat maar oor die witbrood onder die arm todat dit jou direk tref dan praat ons weer.

volla ·

Moordsyfer per 100000 van SA blankes is baie laer as die wereldgemiddelde van moorde per 100000 (alle rasse) en laer as die moordsyfer per 100000 blanke Amerikaners.

Sonja ·

Daar is so baie moorde, jare terug was dit groot nuus as daar n gesinsmoord was en skokgolwe het oor die hele land verspry. Ek glo nie dit het gestop nie, glo mens kry dit nog vandag, maar deesdae hoor jy nooit meer van dit nie, want moord, doodslag, geweld en plaasaanvalle oorheers ons nuus en mense het afgestomp geraak vir ander se dinge. Vreeslik dat n lewe geen waarde meer het nie. Dan dink ek aan Kain en Abel en waar die Here gesê het jou broer se bloed roep van die aarde af. Ek dink Suid Afrika se aarde skreeu al uit na die Here. Hy slaap nie, al dink mense so.

Bison ·

Wag tot die kos op raak, dan gaan hierdie die syfer wees van hoeveel mense per uur lewend opgevreet word in een dorpie.

Henro ·

John 3:16 ESV /
“For God so loved the world, that he gave his only Son, that whoever believes in him should not perish but have eternal life.”

So sad this racism. If God is for Us who shall be against us? Let them who Hate, Hate…

Dont make yourselfs part of people’s anger because then you are just as weak. Let us start speaking love instead of hate and try to love and bring people closer to God – Maybe then people will start by Loving and stop with Hating.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.