59 nou aangekeer na onluste

Polisiebeamptes tydens die oproer in KwaZulu-Natal (Julie 2021). (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Altesame 59 verdagtes is nou al in hegtenis geneem vir aanhitsing in verband met die grootskaalse openbare geweld wat verlede jaar in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het.

Nog vyf beweerde aanhitsers is Donderdag deur die Valke in hegtenis geneem. Volgens kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, het Philani Maphumulo (30), Samkelisiwe Gumede (33), Zamile Mlambo (41), Sithembile Mthembu (35) en Nelisiwe Ndlovu (32) dieselfde dag in die Durbanse landdroshof verskyn en is hulle op borgtog van R3 000 elk vrygelaat.

Die verdagtes word van sameswering om geweld te pleeg en aanhitsing tot geweld aangekla. Hulle moet weer op 30 November in die hof verskyn.

Die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng het in Julie verlede jaar uitgebreek kort nadat oudpres. Jacob Zuma in hegtenis geneem is. Daar is miljarde rand se skade aangerig met winkels wat geplunder en infrastruktuur wat beskadig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan ·

Ek verstaan nie die borgtog nie, hul sukkel nou al n jaar om die mense te vang, dan loop hul weer uit aanhouding. Die “boeremag” mense het niks werklik gedoen nie, inelkgeval nie op die skaal nie en is dadelik vir ewig toegesluit. Meer onlangs het n baie klein groepie mense verwoesting gesaai met n klomp irrasionele regulasies en hulle word nie eers vervolg nie. Ons hofstelsel is werklik besig om ten gronde te gaan.

Piet ·

Dis goed dat julle die aanhitsers aangekeer het. Wat nou van die wat die dade uitgevoer het?

Lillian ·

Ek sê nog die voorbok is nog nie gevang nie.

Hierdie lot is betaal om die onluste te begin en verder aan te blaas. En ek het ‘n spesmaas wié hierdie voorbok is ook.

piper ·

zuma se kinders en karl niehaus moes eerste aangkla te wees.

Piet ·

Asseblief nie Cal Nihoss nie. Dan kry hy lugtyd met sy sad gesiggie.

Eugene ·

Geen hooggeplaaste nog in die tronk gegooi nie. Hierdie is blote oëverblindery en nie regtig ernstige optrede teen skuldiges nie

PieterJ ·

Dis wat mens noem die “Placebo” effek, paai mens deur te maak of iets aan die saak gedoen word en hoop ons sal gelukkig wees met powere diens.

domheks ·

Grap van die JAAR! Soveel gevang… hoekom is NIEMAND nog in ‘n oranje pakkie nie? Miljarde Rand se skade…. – R3,000-00 borg?

Marelize ·

Ja dit was ‘n donker tyd in SA geskiedenis. Iets om oor skaam te wees.

Ronél ·

Dis steeds donker en word al erger……………..die wie die LIG wil sien, sal SIEN.

Swerwer ·

Regtig? ‘n hele 59 moet die wonderlike flukse SAP gelukgewens word of wat is die rede dat hul nie hul werk ‘n jaar gelede al uitgrvoer het nie. Zuma, Cele? Ek gaan beslis nie hande klap vir die wonderlike daad om 59 aan te keer uit die derduisende nie!

Sarel ·

Rerig….huh….59 aangekeer nadat ‘n hele Provinsie op sy kop gekeer was…59…heng maar iemand doen darem uitstekende werk..

Wondermaarnet ·

En wat was nou al sover aan die ander 54 gedoen wat aangekeer was?

Jr ·

SO WHAT? NOT ONE PROSECUTED. AND NOT ONE WILL GO TO JAIL. CLAP HANDIES, CLAP HANDIES

Danie ·

Nou eers met soveel beeldmateriaal en ander kommunikasie bewyse 59 en daar was duisende wat geplunder en aangehits het.Kom ons wag maar vir die suskes syfer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.