59 vas vir Krugersdorp-geweld

Polisiebeamptes Maandag in Krugersdorp. Foto: Verskaf

Altesaam 59 mense is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings oor misdaad in Krugersdorp aan die Wes-Rand.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder vir Gauteng, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die mense is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

“Van die verdagtes sal moontlik ook van opsetlike saakbeskadiging en ander aanklagte aangekla word namate die polisie se ondersoek ontvou,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini is die polisie bewus van talle beserings wat deur sosiale media aan die lig gekom het, maar die polisie wag nog dat amptelike klagtes gemaak word.

Dlamini het gesê verskeie eiendomme is beskadig, vyf huise is aan die brand gesteek, drie polisievoertuie is beskadig en daar is skade by die Kagiso- en Munsieville-polisiestasie aangerig.

“Die Kagiso-polisiestasie se ruite is stukkend gegooi, maar bedrywighede daar gaan voort. Die Munsieville-polisiestasie het brandskade opgedoen en bedrywighede is daar opgeskort.”

Inwoners van Kagiso en Munsieville is sedert verlede week op die oorlogspad nadat ʼn jong vrou in die gebied glo ontvoer is. Die inwoners het na haar gaan soek en onder meer drie beweerde dwelmhuise aan die brand gesteek. Die vrou is later glo gevind in een van die “dwelmhuise” wat aan ʼn buitelander behoort.

Die gemeenskap het Maandag se protesaksie glo beplan om Krugersdorp “skoon te maak” van dwelms, misdaad en mensehandel.

Die inwoners is van mening die polisie doen nie genoeg om hul gemeenskap teen dié misdrywe te beskerm nie en beweer polisiebeamptes kry geld by dwelmhandelaars.

Betogers het talle paaie versper en die middestad ontoeganklik gemaak. Talle ondernemings en skole moes vir hul eie veiligheid sluit.

Die 59 verdagtes sal na verwagting vandag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn. Die situasie in die gebied was teen Dinsdagoggend kalm, maar die polisie is in die gebied om die toestand te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Blommie ·

Ek woon in Krugersdorp al vir baie jare en sien elke dag hoe dinge daar gebeur. Jong kinders wat as prostitute in die strate loop. Hul moet al wat is drug huis en smokkelaar verwoes, want hulle verwoes onskuldige kinders en mense se lewens. DIe manier hoe hulle dit doen is seker nie altyd reg nie, mar as hulle nie gereg in eie hande neem nie sal die probleem net groter word, so mense gaan voort en brand al wat n drug dealer se huis is af….

Vraagteken ·

Hi Blommie, die enigste probleem met jou stelling is dat nie’ net “drug dealer” huise afgebrand word nie. Dis maklik om sê: “Gaan voort!”, maar ongelukkig is daar nie selfbeheersing nie (dit word bewys deur die feit dat polisiekantore ook in prosess beskadig word).

Dit is baie ironies – hulle betoog teen misdaad en in die prosess word hulle ook misdadigers.

Pieter ·

Blommie ek dink as dit nie vir die parkie polisie se toewyding was nie was dit vandag baie erger gewees.

marous ·

Die hele land is siek vir misdaad en die vrotsige regstelsel en polisie wat nie voorkomend kan optree nie.

Poplap ·

Ok so kom ons kry die feite nou reg:
Die polisie is lamsakkig in die area en die area gaan gebuk onder dwelmbase se tereur beleid. Kla die gemeenskap is die antwoord. Jammer ons het nie mannekrag. Maar miraculously pop die mannekrag uit die woodworks wanneer die publiek sê genoeg is genoeg! Something is a rotten in Krugersdorp en dis nie die gemeenskap nie!!

Daan ·

Die vraag wat ek sou vra is hoeveel dwelmhandelaars ,prosteborste en onwettige im igrante is die afgelope twee jaar gearresteer nou word daar met mag en mening sa burgers wat moeg is vir misdaad gearresteer ek dink die polisie se prioriteite is verkeerd.

Absoluut ·

Absoluut, die eerbare Polisie is te min. Daar is n klomp geld lustige Polisie beamptes wat niks omgee vir die meisies en jong mense,so verrot hul elke dag meer en meer. Ek stem saam publiek

lyk glad nie paraat ·

patetiese foto van “professionele” polisielede wat rondstaan en maak of hul iets weet
,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.