6 in hof wat swartwildebees glo doodslaan

‘n Skermskoot uit die video.

’n Video van ’n swartwildebees wat op uiters grusame wyse deur ʼn groep mense doodgeslaan word, het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Ses verdagtes tussen 18 en 33 jaar oud het Maandag in die Bedford-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met die voorval. Kapt. Lariane Jonker, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het op aanklag van opsetlike saakbeskadiging, diefstal van wild en die jag van ʼn beskermde spesie verskyn.

Die verdagtes is volgens Jonker Vrydag in samewerking met die departement van omgewingsake in die Oos-Kaap vasgetrek.

“Dít volg ná ʼn voorval wat op 23 April omstreeks 18:00 in die Adelaide-polisiëringsgebied plaasgevind het.”

Dit word volgens Jonker beweer dat lede van die Red Location-gemeenskap naby Adelaide die grensdraad van ʼn aangrensende wildreservaat geknip en ʼn swartwildebees aangeval en doodgemaak het.

ʼn Video van die voorval word wyd op sosiale media gedeel. Op die video kan gesien word hoe die bebloede dier magteloos probeer wegkom terwyl ʼn groep van die gemeenskap hom met grawe en pangas slaan en honde hom byt. Dít alles ten aanskoue van jong kinders.

Sosialemediagebruikers het vurig gereageer. “Afskuwelike optrede, nie normale gedrag nie” het een gesê en ʼn ander: “Hoekom nie [die dier] menslik doodmaak nie? Ek verstaan die wildebees word gesien as kos … maar om so wreed te wees! Daar is nie woorde nie!”

Die verdagtes is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat.

“Ettiene Kitching van die departement van omgewingsake in die Oos-Kaap het bevestig die ondersoek is steeds aan die gang en verdere inhegtenisnemings is waarskynlik,” het Jonker gesê.

Die polisie het die “barbaarse voorval” ten sterkste veroordeel.

Die video kan hier gesien word. Die video is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Eish ·

Daar is beslis nie n hongerte probleem nie, synde al ses verdagtes elk R3000.00 borgtog kon bekostig.

Genieve ·

Is die tronke dan so vol dat almal net borg kry, more slaan hy weer n bees dood en kry weer borgtog jinne die geregstel laat n mens wonder.

AWVDM ·

Yes The Prisons are full …. and interms of their Constitutional Rights …They have the Right to Bail in General….

Viva Democracy Viva

D P J ·

Is die dan nie ‘n meenslike manier om ‘n dier dood te maak nie??? Dit word dan deur mense dood geslaan!!!

Casper Labuschagne ·

Dit is Afrika hierdie, dit is niks nuuts nie. In 1966 is die film Africa Addio gemaak oor die proses van onafhanklikheidswording in verskeie Afrika lande waar ‘n hoeveelheid soortgelyke tonele in daardie film voorkom. ‘n Engelse weergawe van die film verskyn ook op Youtube, gaan soek na Africa Addio.

Reguit ·

Maar mishandel nou tientalle perde deur hulle te laat verhonger – en jy is OK in Azanië omdat jy in die weermag is, nê………………

Piet ·

Hulle maak dan mense op plase op dié manier dood en kom weg daarmee….hoekom dan nou nie n dier nie?

pikkewyn ·

Baie van ons boere ondervind gereeld sulke ONWETTIGE “jag sessies” op hulle plase.
Bel jy die polisie kan hulle nie uitkom nie – maak jy die honde van kant word jy toe gesluit.
Ons hande is afgekap en glo my dit is niks lekker om op een van jou diere af te kom wat so onwettig gejag word nie – die dier word letterlik lewend uitmekaar geskeur en gesny.
Maak jyself ‘n arrestasie word daar allerhande klagtes ten jou aangebring deur die “onskuldiges” en staan jy in die beskuldigde bank. Dit is bitter wreed wat hier gebeur en dit breek n mens se hart maar ek is ook bly dat die res van die mensdom kan sien WAARVAN ons praat want toe ek dit eendag genoem het is ek gekritiseer “want hulle was maar net honger”.Nou kan julle self sien

M'Lady ·

Tussen die maak van Africa Addio en nou het 52 jaar verloop. Geen opvoeding in die wereld sal hierdie denkpatrone verander nie. “I rest my case.”

Oom Kalahari ·

Dat ‘n dier so ongenadiglik dood geslaan word is onmenslik em wreed. As jy dit aan ‘n dier kan doen dan kan jy dit op mense ook doen.

Andre ·

Ek dink nou aan die paar boere en van hul gesinslede wat ook met grawe deur hul moordenaars doodgeslaan is. Ongelukkig is daar nie videos van daardie voorvalle nie en die moordenaars loop steeds vry rond in die meeste gevalle.

Callie ·

Diere sal n n ander dier so aanval. Dis diere maniere. Wat meer moet daaroor gese word. En dan stry sekeres

Haas ·

Gandhi het gesê: “The greatness of a nation and its moral progress can be judged by the way its animals are treated”

Ek sal dit hier laat…

bgj van der westhuizen ·

dit laat n mens wonder dat n land wat nou so wondelik moet wees so versleg het in 25 jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.