6 in hospitaal ná stormloop by kollege

Foto: Twitter via @LebogangSeladi.

Ses studente is beseer en na ʼn hospitaal gehaas toe daar Donderdag ʼn stormloop buite die Capricorn TVET Kollege in Polokwane, Limpopo, ontstaan het.

Talle voornemende studente staan reeds van vroegoggend tou buite die kollege.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 08:00 plaasgevind.

Volgens hom is Tshepo Malatjie (22) ernstig beseer tydens die voorval. “Vyf ander is ook beseer, maar net gering, nadat daar ʼn stormloop ontstaan het toe die hekke oopgemaak is en al die voornemende studente toegang tot die kollege probeer verkry het,” het Mojapelo gesê.

Volgens hom is die beseerde voornemende studente per ambulans na die hospitaal, wat glo naby aan die kollege geleë is, geneem.

“Hul mediese toestand sal later vasgestel kan word.”

Twee ander voornemende studente is volgens Mojapelo intussen deur ʼn motoris wat die spoedlimiet oorskry het in die straat raakgery en ook na die hospitaal gehaas vir mediese behandeling. Een is ernstig beseer.

Die polisie ondersoek ‘n tref-en-trap saak.

Mojapelo het bygevoeg dat die polisie ekstra beamptes na die kollege ontplooi het en dat die situasie intussen gestabiliseer is. “Die beamptes maak nou seker die rye word bestuur.”

In Januarie 2012 het ʼn ouer van ʼn student in ʼn soortgelyke voorval gesterf toe sy tydens ʼn stormloop by die hekke van die Universiteit van Johannesburg (UJ) doodgetrap is.

Die registrasieproses is tot volgende Maandag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Irene ·

Ons is so oor bevolk hiekom word daar nie meer skole kolleges en unv gebou nie

Massimo ·

Neewat jy kry waarvoor jy soek. As jy deel van die stormloop wil wees, sal jy een van die beseerdes wees. Kry vir julle, julle glo mos alles wat Julius Malema vir julle sê. Moet asb net nie in die hospitaal op MY rekening gaan lê nie.

Peet ·

Stem 100% saam, hulle wou deel wees, nou moet hulle die gevolge dra, eenvoudig soos dit!

Alida ·

Hulle het sedert 1994 NIE die bevolkingsgroei dopgehou nie en daarom is daar nou bottelnek reaksie. As die ANC regering hulle statistieke dopgehou het sou hulle in 2000 al agtergekom het dat daar totaal en al te min skole en universiteite is.

Rupert Ashford ·

As hulle die bevolkingsgroei dopgehou het en gehoor gegee het aan die verslae van die beplanners aangaande energie, water, skole, behuising ens dan 1.) was daar reuse infrastruktuur bouprojekte met 100 000de werksgeleenthede vir meer woonbuurte met water en krag en paaie aangele, en 2.) dan sou “hulle” ook gesien het die land stuur op ‘n probleem af wat betref water (dit is al bekend van die 70’s af dat SA se probleem ‘n tekort aan water sou wees) en sou die grense noodgedwonge toegemaak moes word om die Nigeriers en hulle eiesoortige industriee en die res van Afrika nie net vry toegang te gee nie. Maar as die dinge gedoen was, sou daar baie minder geld gewees om onder die kaders te verdeel in die vorm van vet salarisse, bonusse en kickbacks en dit kan nie van ‘n politikus (ongeag sy velkleur) verwag word nie.

se maar net ·

Wys jou nou maar weer. As mens niks gewoond is gaan dit so. Kan nie eers in ‘n oordentlike ry in beweeg. Geen volwasse maniere maar studeer wil ons studeer !!!!! mahala ook nog.

adriana ·

Hulle wag vir kospakkies – dit is waarvoor hulle daar is. Ook vir verblyf.

G ·

‘In rye staan en jou beurt afwag’ is nog nie bemeester nie, maar ons wil dokters en ingenieurs word. Ek wonder hoeveel het hul skoolvakke geslaag, en hoeveel is jaar na jaar deurgesit. Ek sal graag wil sien hoeveel hul vakke gaan slaag op universiteit, of gaan hul daar ook tegemoet gekom word?

EFF Bastion ·

Ironies is Polokwane juis die bastion van die EFF en tuisdorp van hul leier.

Erick ·

Ons onderwysstelsel het gesorg dat dié mense nie behoorlik kan lees en skryf nie so waarna haas hulle?

Ironies ·

As mens via tersiêre inrigtings by die volwasse en verantwoordelike samelewing wil inval, moet jy liefs eers die basiese reëls onder die knie kry.

Pine ·

So moeg vir al die goed. Dit is nou weer n speelbal tussen politieke party en weereens n wit en swart probleem. Ander koerante maak dit weer n rasse ding. Dit is ongelukkig desperate jong mense wat die kans nie kan verby kan laat gaan nie om dalk iets beter te kan word. Dalk net dalk kan hulle inskryf en dis die kans wat hulle nie wil laat verbygaan nie. Al die gemors kan voor die deur van politiek staan. Partymaal is n kans beter as niks en menigte probeer dit en besef nie dit was weereens net n skyf van ons eie regtige politiek wat vasklou aan anergie om aan bewind te bly.

Theresa B ·

Soos gewoonlik is my vorige kommentaar nie geplaas nie.

Maar dis amazing – nou word die skuld op die Kollege gepak. Siestog, dis nooit hulle nie – altyd die mees onskuldiges in die liewe lewe!!

Bertie ·

Die regering bevorder die probleme met manier van bestuur . Weens hulle optrede word investering nie bevorder nie ,geen nuwe werksgeleenthede nie , maar almal will gratis opleiding ontvang . Om wat mee te maak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.