6-jarige al dae lank in berge vermis

Polisie soek onverpoos na ʼn sesjarige meisie wat in die bergagtige gebied tussen Aberdeen en Murraysburg in die Oos-Kaap vermis geraak het.

Tri-Annette “Kleintjie” Mintoor se ouers het haar Maandag vir die laaste keer gesien toe sy saam met vriende op ʼn plaas naby Aberdeen gaan kuier het. Sy is Woensdag as vermis aangemeld.

Kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, sê polisie van Graaff-Reinet, Aberdeen en Port-Elizabeth, sowel as plaaswerkers en lede van die gemeenskap soek nou al drie dae sonder ophou na Kleintjie, maar sover het die soektog niks opgelewer nie.

Volgens Petro Marx van die plaas Perseverance buite Aberdeen, waar Kleintjie saam met haar ouers woon, is die meisie Maandag 27 Julie saam met vriende na ʼn plaas ongeveer 70 km van haar ouers se huis. Die plaas waar hulle sou gaan kuier, is in ʼn bergagtige gebied geleë. Marx sê volgens inligting tot hul beskikking het Kleintjie Dinsdagmiddag of Woensdagoggend aangedui dat sy wil huis toe gaan en met die grondpad langs van die plaas af weggeloop.

Sy is laaste gesien in ʼn blou hemp, blou jeans en wit en swart drafskoene. Enigiemand met inligting wat kan help om haar op te spoor, kan die Aberdeen-polisie by 049 846 0413 of 049 846 0015 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Wow wow wow…..Dinsdagmiddag of Woensdagoggend aangedui dat sy wil huis toe gaan en met die grondpad langs van die plaas af weggeloop. Ses jaar oud, en dan nog 70 km van haar ouers se huis. Hier was iemand darem baie onverantwoordelik.

Anel ·

Waar is die SAPD se reddingshonde? Dis mis waarvoor hulle opgelei is!!!

Stella ·

Ag Liewe Heer..hou di ou kleintjie veilig in U arms. Asseblief Here. Vat har ongedeerd terug na har ouers tu. By U O Vader is nix onmoontlik ni. Moet asb ni ophou met soek ni‼

katerinadiekat ·

Hoe op dees aarde kan enige volwassene wat nie waansinnig is nie, in hierdie land n jong meisiekind so ver alleen toelaat om te stap????? What did they Think was going to happen?????

Moedeloos ·

Die berig ontstel mens maar ons moet onthou hierdie mense se situasies is anders. Vir hulle om ver te loop of alleen te loop is nie n issue ie. Dis natuurlik. Ek treur oor hierdie Kleintjie en bid dat sy veilig is of iewers skuil. Hoop van harte die plaasmense kry haar baie vinnig. Sterkte vir haar familie en ouers veral.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.