6-jarige nog vermis ná rivier ses meesleur

Argieffoto ter illustrasie. Foto: Pixabay.com.

Die soektog na ʼn sesjarige seuntjie wat Woensdag saam met vyf ander kinders deur ʼn rivier in die Mount Fletcher-gebied in die Oos-Kaap meegesleur is, sal môre weer hervat.

Die seun is die enigste van die vyf slagoffers wat nog vermis word. Die liggame van die ander vyf kinders is sedertdien gevind.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê die kinders was op pad huis toe ná skool toe hulle die Freyistata-rivier probeer oorsteek het. Hulle is egter deur die water meegesleur. Soek-en-reddingswerkers van Mthatha en Elliot het onmiddellik saam met verskeie ander rolspelers gereageer en na die kinders begin soek.

Snuffelhonde het nog dieselfde dag op Sinekhaya Mfolozi (7), Sixolile Ndleleni (7), Elomso Ntsimbi (8) en Hlalanathi Mbuleka (6) se liggame afgekom.

ʼn Ervare reddingspan het voortgegaan om ook deur dele van die Moyane-rivier en ʼn ander nabygeleë kleiner rivier na Boitumelo Lebenya (6) en Masixole Molekoa (6) te soek. Vrydagmiddag is Lebenya se liggaam opgespoor.

“Die soektog het gister voortgeduur maar is omstreeks 15:00 gestaak weens die stygende watervlakke en voortgesette reënval in die gebied. Die soektog sal eers Maandagoggend weer hervat wanneer die weer effens opgeklaar het,” sê Tonjeni.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GM ·

Dit maak my net kwaad dat kinders riviere moet oorsteek om by hul huise uit te kom. Wie blameer mens? Die ouers wat in die middel van nêrens gaan plak het (tien teen een), of die regering wat geld mors en nie infrastrukture bou om lewensgehalte te verbeter nie. En dan ook omdat hul die bevolkingsontploffings aanmoedig deur ‘grants’ uit te deel. As ons populasie kleiner was, was dit makliker vir almal om werk te hê, makliker om grond uit te deel, en makliker om gratis opvoeding te belowe. Hulpbronne sou ook genoeg gewees het.
Rus in vrede kinders. Sterkte aan die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.