6-jarige se lyk gevind ná moordenaars R5 000 eis

Noluthando Masango (Foto via Pink Ladies)

Die ouma van die sesjarige Noluthando Masango van Mpumalanga wat ontvoer en vermoor is, het gesê haar kleindogter se liggaam is gevind nadat die gesin die spertyd verbeur het om ʼn R5 000-losprys vir haar vrylating te betaal.

Noluthando is verlede Saterdag vermis toe sy saam met haar ouma, Leah Masango, ʼn tradisionele seremonie in Siyabuswa A, sowat 35 km buite Marblehall, bygewoon het.

Noluthando het in ʼn kamer saam met ander kinders gespeel terwyl die volwassenes buite besig was met die seremonie. Sy het omstreeks 19:00 meteens die vertrek verlaat om te gaan kyk hoe die mense dans en nie weer teruggekeer nie.

Haar liggaam is Donderdagoggend in ʼn stroom, ʼn paar meter van die huis waar sy laas gesien is, gevind. Die persoon wat op haar liggaam afgekom het, het dadelik die polisie ontbied. Sy is verwurg en vermoedelik verkrag.

Leah het in ʼn onderhoud met African News Agency (ANA) gesê Noluthando se ma, Thoko (24), het ʼn oproep en teksboodskappe die Maandag ná haar verdwyning ontvang.

“Thoko sê die persoon wat gebel het, het niks gesê nie en sy kon in die agtergrond hoor hoe Noluthando huil en om hulp vra. Sy het ook ʼn teksboodskap ontvang waarin die persoon R5 000 geëis het,” het Leah gesê.

Die persoon het daarop aangedring dat die R5 000 aan ʼn man uitbetaal word met behulp van Shoprite se Money Market-diens en het gedreig om Noluthando dood te maak as die gesin dit nie voor daardie Donderdag om 13:00 sou inbetaal nie.

“Ons wou haar lewe red, maar het nie die geld gehad wat hulle geëis het nie. Ons het die spertyd misgeloop en die persoon se nommer aan die polisie oorhandig,” het Leah gesê.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn R5 000-losprys geëis is, maar kon nie meer daaroor uitbrei nie aangesien dit die ondersoek kan belemmer.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en ontvoering. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

Die stroompie waar Noluthando Masango se liggaam gevind is. Foto: ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

tamboti ·

En nou kom die ware reenboog kleure uit! Niks sal verander voordat misdadigers in die openbaar, wreed en brutaal gestraf word nie – ook die doodstraf. Ons tree nou terug na die oertyd met morele standaarde in SA!

Naas Vermaak ·

“The rainbow is gone from this land,
There’s only blood, running from their hand,
…..
Besig met hierdie song, gaan oor plaasmoorde en crime….hou spasie dop :)

Marianne ·

Hierdie pragtige kind se lewe is nie eens R5, 000 werd nie?
Rus in Vrede by die Engeltjies soos jy….

Andrea van Vuren ·

Waar moes die ouers R5000 in die hande kry? Hoe angsbevange moes hulle nie wees nie>

Rita Coetzee ·

My hart huil vir daardie familie.. so jammer dat ons in n siek wereld lewe

NEE ·

Pas julle kindertjies dag en nag soos goud op, Pappas en Mammas. Die dae is baie, baie, BAIE boos.

Colleen ·

‘n Lewe is vir die gemors niks werd nie. Bring terug die doodstraf.

Lerato ·

Ons het dringend goed opgeleide speurders nodig. En genoeg van hulle

Henk du Toit ·

Lerato selfs nie eers n miljoen speurders gaan n verskil maak aan misdaad nie. Die politieke wil is net nie daar om n verskil te maak nie. Dit is duidelik dat die ANC baat vind uit misdaad. Kyk maar na die “skenkings”( lees omkoopgeld) aan die ANC van die tabakmaatskapye. Watter misdade gaan die regering straf as hulleself moreel bankrot is? Die Zuma Verotting het omgesit in giftige gangreen en NIKS gaan dit omkeer nie. Vergadering op vergadering op vergadering word ad infinitum gehou in die polisie maar as 10% van die besluite tot uitvoer kom is dit baie. Welkom in Azaninia where democrazy is everything and lives matter little.

Johanna Botha ·

Due mense in SA is BAIE SIEK ! Doodstraf soos Botswana waar daar gladnie so iets gebeur nie omdat hulle die doodstraf het ….problem solved. SA het te veel mense regte en dit veroorsaak dat die mense wat beskerm moet word juis die slagoffers raak !

Alida ·

Plaas pas hulle hul kinders op nou hou hulle seromonies. Vir wat nou weer.

jaco ·

Iets maak nie sin nie: hierdie kind was tog ‘n rasgenoot van die SAPD. Dan kan hulle tog mos die losprysgeld gegee het. Ek weet van ‘n paar gevalle waar dit wel gedoen is. Gee die SAPD dan nou nie eens meer om vir hulle eie mense nie?

Wonder ·

Waarom het die familie eers nadat die spertyd vir die losprys verby was, die telefoonnommer aan die polisie oorhandig? Sake kon moontlik anders verloop het as hulle het. Dis hartseer, maar hoekom kry ‘n mens die indruk dat mense nie besef hoe belangrik dit geraak het om hul kinders in hierdie dae en tye soveel te meer soos goud op te pas nie. Ons leef ongelukkig in ‘n siek samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.