6-jarige tydens kaping uit bewegende motor gegooi

Een van die vermeende kapers word Maandag in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Een van die vermeende kapers word Maandag in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn sesjarige meisie tydens ʼn kaping in die Oos-Rand uit ʼn bewegende motor gegooi het.

Lt.kol. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het aan Maroela Media gesê die kaping het Vrydag in Norkempark in Kempton Park plaasgevind.

“Toe hulle wegjaag, het hulle die meisie uit die bewegende motor gegooi. Gelukkig het sy nie baie seergekry nie en is net vir geringe beserings behandel,” het Kgasago gesê.

Een van die vermeende kapers word Maandag in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Een van die vermeende kapers word Maandag in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Die motor, ʼn rooi VW Polo, het ʼn opsporingstoestel gehad. Inligting oor dié voertuig is onder die polisie en metropolisie versprei om daarvoor op die uitkyk te wees.

“Die motor het Maandag weer begin beweeg en ʼn sein uitgestuur. In ʼn gesamentlike poging deur die EMPD, polisie en Tracker is die motor op Allendaleweg in Midrand ingehaal en tot stilstand gebring.”

Die 34-jarige bestuurder en die 32-jarige passasier is in hegtenis geneem. Twee vuurwapens, waarvan die reeksnommers afgevyl is, en ammunisie is in hul besit gevind.

Hulle is albei na die Rabie Ridge-polisiestasie geneem vir aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van die besit van ʼn gekaapte voertuig asook ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Raymond Bastone ·

Hoop julle maak ń voorbeeld van hulle en hulle sit lank

Kowa ·

Hulle word aangekla van die besit van gesteelde voertuig, ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Wat van die kind wat hulle uit die motor gegooi het? Is dit nou maar niks omdat die kind nie ernstig beseer is nie? Darem maar ‘n “lekker” plek die Suid-Afrika.

Kiepie ·

Kowa, hulle kan nie daarvan aangekla word totdat bewys kan word dat hulle die insittendes was toe dit gebeur het nie. ‘n Hele saak word maklik uitgegooi indien die klagstaat ongegronde aanklagtes insluit. Hou dus by dit wat bewys kan word en maak seker hulle kom van die strate af.

Willie ·

Wat van poging tot moord vir n kind uit n bewegende motor gooi… Dis onmenslik, vieslik, barbaars, en nog n lang lys…

MM ·

Nou hoekom het tracker nie al Vrydag die voertuig terug gekry nie. Gee dit deur vir die Polisie en Metro en hulle sit agteroor en doen niks nie. Nog net so pateties soos altyd.

Carlia ·

Dis poging tot moord en ontvoering van ‘n minderjarige by die ander aanklagte. Liewe Hemel, maar die wet is korrup!!!

Theresa ·

Hoop daar kom spoedig ‘n getuie na vore wat gesien het hoe die kind uitgegooi word. Dan moet hul ook vir trauma en lyding gedagvaar word – sommer nou al. EN beslis is ontvoering reeds deel van die klag. Aarde tog! Sotlike gedrag. Hoop als verloop vinnig, sodat die skuim kan sit.

PMB ·

Net bly die kind is nie erg beseer nie . Die twee booswigte moet toe he sluit word sonder enige genade want hulle het geen genade getoon nie!

LB S ·

Was die kind alleen in die motor gelaat? Waar was die bestuurder, ens?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.