6-jarige verdrink in strandmeer

Die La Mercy-strandmeer in KwaZulu-Natal. (Foto: Netcare 911)

’n Sesjarige seuntjie is Maandagmiddag bewusteloos in ’n strandmeer noord van Durban in KwaZulu-Natal aangetref. Hy is kort daarna dood verklaar.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 15:06 na die La Mercy-strandmeer in La Mercy ontbied nadat iemand die seuntjie in die water opgemerk het.

Paramedici kon by hul aankoms egter nie weer die kind bybring nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Ander nooddienste, lewensredders, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), die metropolisie en polisie was ook vanmiddag op die toneel.

Paramedici op die toneel by La Mercy-strandmeer. (Foto: Netcare 911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SomeOne ·

die gevalle maak groot hartseer, nie net familie nie, maar ook my

Annelize ·

Vraag: Waar was die ouers, as iemand dan die kind opgemerk het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.