6 jong vroue in Philippi doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Wes-Kaapse speurders werk onverpoos om leidrade op te volg nadat ses jong vroue Vrydagaand in die ooste van Philippi in die Wes-Kaap doodgeskiet is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die vroue, almal tussen die ouderdomme van 18 en 26 jaar oud, is omstreeks 22:55 deur onbekende verdagtes in ’n huis in Marcus Garveystraat in die nedersetting afgemaai.

Die motief vir die moorde is in dié stadium nog onbekend. Niemand is ook nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en geen verdere inligting kan in dié stadium bekend gemaak word nie,” het Van Wyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

lewies ·

Iemand moet ‘n PhD onderneem oor die “afstomping” wat hierdie gebeure op die Psige van skoolgaande kinders het. Ek hoop die Departement van Onderwys besef dit ook en bring hulle kant. Baie dankie as daar al reeds iemand is wat op hierdie vlak betrokke is.

Heidi ·

Aggenee, dit is afgryslik. Baie sterkte aan die ouers en geliefdes. RIP

Willem Grobler ·

Ons leef in ‘n oorlogsone met ‘n president wat in Lalaland bly – dáár bou hulle nuwe stede, ry met sneltreine en glo dat die vierde industriële rewolusie ons nié gaan agterlaat nie.

AP ·

Ai tog, net te veel mense wat sterf in Suid Afrika aan die hande van ‘n ander, wie oordeel sal geoorderl word.

Magda ·

So tragies, my innige simpatie aan al die families. Maar ja ons Politieke mense vat eerder mekaar aan oor n stoel iewers as oor die mense wat hulle die JA stem gegee het. Die Partye wat wel n se het, is so besig om met mekaar te baklei dat hulle nie vir die mense sorg wat hulle daar gesit het nie. En die regerende PArty ANC (All NAtional Criminals) is so korrupt dat hulle nie eers hulle self meer kan red nie. Welkom na n TERRORISTE / KORRUPTE SUID AFRIKA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.