6 mense beseer in verskeie ongelukke

‘n Kar het op sy dak beland ná ‘n ongeluk in Krugersdorp. (Foto: Verskaf)

Verskeie mense is beseer in drie afsonderlike ongelukke wat ná gister se Wêreldbeker-rugbyeindstryd plaasgevind het.

Saterdag om 16:43 het Netcare 911 gereageer op inligting oor ʼn ongeluk op die hoek van Oordt-straat en Bell-rylaan in Noordheuwel, Krugersdorp. Shawn Herbst, Netcare 911 se woordvoerder, sê dit lyk of die bestuurder beheer oor sy motor verloor het en dat die voertuig gerol het. “Toe paramedici op die toneel aankom, het die voertuig op sy dak gelê, maar daar was niemand op die toneel nie,” sê Herbst.

Saterdag net voor 20:00 het Netcare 911 inligting ontvang oor ʼn botsing tussen ʼn sportnutsvoertuig en ʼn ligte motorvoertuig in Ouklip-pad in Roodekrans, Roodepoort. Die bestuurder van die motor, ʼn man, het ernstig seergekry en moes op die toneel gestabiliseer word voordat hy per ambulans na ʼn hospitaal geneem is. Die bestuurder en insittende van die sportnutsvoertuig het ligte beserings opgedoen en is ook op die toneel behandel.

Sondag om 04:45 het Netcare 911 gereageer op ʼn botsing in Voortrekker-rylaan in Kenmare, Krugersdorp. Volgens Herbst wil dit voorkom of die bestuurder beheer van ʼn ligte motorvoertuig verloor en deur ʼn grensmuur gery het. Drie mense het ligte beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en toe per ambulans na ʼn hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

MH ·

Het nog altyd gewonder: Hoe verloor ‘n mens beheer oor ‘n voertuig as jy in ‘n dorp teen 60 km/h ry?

Plaasattie ·

En die bokke het gewen. Die partie het bietjie rof geraak

chrisjan ·

Dalk was die bestuurder besig om met sy foon te whatsapp?Die’ dat hy verwyn het!

Potjie ·

Besope mense het nie brieke nie. Vir sommiges is 1 bier te veel en ñ dosyn te min. Saam met ñ kanieworry gesindheid…4 wiele in die lug. Ek voel niks vir sulke mense nie. Hulle voel niks vir hulle mede-padgebruikers nie.

ivorine du Plessis ·

En wat het tatoes nou met die hele patalje te doen???

INA ·

Stella meen sèker, hulle raak gouer rof & onbeskof as ander mensè… Tattoos dui op ñ sekere mentaliteit!!! ????????

Ivan ·

En so lewer ons kommentaar en oordeel sommer almal sonder feite en bewyse. Ai ja jai….

Engel Stella ·

Engel Stella….wat het tattoos met alles te doen….voer eerder jou goue vissies…

Lizelda ·

Wonder ek ook hahaha. Ek het ook n tattoo en ek is heel skaflik!

James ·

Liewe aarde hoe kry mens dit reg. Kom ons raai,,, spoed, drank, verkeers reels enige een…

wielie ·

Neeeeee hang by die ruite uit en skree soos mal goed, toeter erger as taxis ……. beheer verloor. Baie maklik want die aandag is NIE op die pad nie. Drank is NIE altyd die oorsaak van ongelukke nie

Tannie ·

Ek het Saterdag aand verneem van ‘n fb vriendin se seun en die bestuurder van die voertuig waarin hulle gereis het wat albei oorlede is in ‘n motorongeluk. Ek wonder hoekom daar niks van dié ongeluk berig word?

Attie. ·

Ek dink die grootste wenner Saterdag was die brouerye en Bottelstore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.