6 oorval 4 vroue in Oos-Kaap-huis

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in die Oos-Kaap is dringend op soek na ses verdagtes wat na bewering Saterdag op vier vroue in ʼn huis in St. Francisbaai toegeslaan het.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 03:00 Saterdagoggend plaasgevind toe die mans – almal in klapmusse – by die agterdeur, wat nie gesluit was nie, ingestorm het.

“Twee het vuurwapens by hulle gehad en het die vroue binne die huis aangehou,” het Nkohli gesê.

Die verdagtes het tabletrekenaars, skootrekenaars en selfone gesteel voor hulle van die toneel gevlug het.

Volgens Nkohli is niemand tydens die voorval beseer nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan ao. Jannie Meyer by 071 604 6336 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rina Coetzee ·

Klein kusdorpie wat nou deur vieslike kriminele geteister word maar binnekort sal die 3000 eienaars belê in kameras oral. Ons het ook teenkanting van die howe wat keer op keer gewoontemisdadigers loslaat op meestal afgetrede onskuldige huiseienaars!

Lynne ·

Agterdeur wat NIE gesluit was nie! Dis kommerwekkend! Ons woon in ‘n misdaad geteisterde Suid-Afrika en nie in Australië nie! Mense raak waaksaam asb!

Koos de Meyer. ·

Dis die nuwe Suid-Afrika. Ons bly in tronke en die kriminele loop buite rond. Jy moet orals op jou hoede wees, vertrou niemand nie. As hulle jou nie oornag oorval nie kom hulle met die slinkste manier in die dag vorendag om jou te beroof of selfs dood te maak.

Francois ·

Ek het nou die dag gelees dat volgens n eiendomsbeleggings groep is StFrancis een van die 10 veiligste plekke in SA ?
Hoe nou gemaak ?

Wilma ·

Oe mense als moet 24/7gesluit wees wanneer jy in Afrika woon.

Destarte ·

Jammer maar die storie klink verdag. Hoe het die skelms so gerieflik geweet dat die agterdeur nie gesluit was nie? Nee, ek ruik ‘n rot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.