6 padwerkers sterf toe trok hulle tref

Die konstruksiearea waar die padwerkers dood is. Foto: ER24

Die konstruksiearea waar die padwerkers dood is. Foto: ER24

Ses padwerkers is Donderdagoggend dood toe ʼn swaarvoertuig op die R26-pad naby Ladybrand in die Vrystaat in hulle ingeploeg het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die swaarvoertuig het ʼn vrag stene vervoer.

“Die padwerkers het regoor die toneel gelê toe paramedici daar opdaag. Die swaarvoertuig is aan die kant van die pad aangetref, met sy vrag stene ook regoor die toneel geslinger,” het Vermaak gesê.

Vyf mans, tussen 20 en 30 jaar oud, was reeds dood. Een werker het kritieke beserings opgedoen en is kort ná sy aankoms by ʼn nabygeleë hospitaal dood. Nog ʼn man het ernstige beserings opgedoen en is in ʼn stabiele toestand na die hospitaal geneem.

Ander werkers van die konstruksiemaatskappy is ongedeerd, maar getraumatiseer.

“Volgens ooggetuies het die swaarvoertuig deur die padtekens geploeg en die werkers in die konstruksiearea getref. Dit wil voorkom of van die slagoffers onder die voertuig gesleep is. ʼn Tweede swaarvoertuig kon betyds stop en het die botsing vermy.”

Plaaslike owerhede ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

scalla ·

Was daar voldoende waarskuwig/inligtings tekens ens, hier by ons is daar by elke plek waar daar aan die pad gewerk word een wat n vlag waai weerskante, al werk daar net n paar, of altans die helfte sit en kyk hoe die ander graaf swaai. Vra maar net?

zahn ·

Baie waar Scalla. Ek het ook al gesien dat die vlagswaaiers soms nader aan die span staan om lekkerder te kan gesels, dan is die warsku afstand erg ingekort. O ja, moet net niks sê DAARVAN nie, jou ma word nou nader geroep..feite.

Pattie de Klert ·

Wil almal net reg help. Slegs 4 mense op toneel en een later in hospitaal.
Die trok het n ander trok reeds in padwerke probeer verbysteek en toe die mense getref. Ondersoek word gedoen om te kyk of die trok se remme onklaar geraak het of was dit die drywer se skuld

Jeanetta Taljaard ·

Ek wonder of die mense wat so opkom vir trok bestuurders dalk trok eienaars is. Na die naweek op die pad tussen Johannesburg en Kaapstad, het ek weer ‘n ewige pes in hulle. In drie gevalle het trokke op blinde hoogtes verbygesteek en ons amper kop aan kop gestamp, want daar word ook nie ‘n poging aangewend om stadiger te ry nie, nee, die ligte word geflikker asof jy aan die verkeerde kant van die pad is, want die peste weet hulle sal ongedeerd daarvan afkom. Sluit hulle toe, as hulle mense doodmaak, saam met die trok eienaar.

carel ·

Ja nou gaan die eienaar van die trok weer aangekla en beskuldig word want die hoolygin drywer gaan nou se sy brieke het gefail….

Akram ·

Wil lyk of die ander vragmotor ook stene op het, en ook die selfde kleur is. Dalk, net dalk is dit van die selfde maatskapy. Wonder net of daar nie “gedice” was nie.

Hendrik ·

Het al op pad werke afgekom waar ‘n outjie die verkeer reguleer, maar ek kan sweer hy homself het nie eens ‘n rybewys nie.

Maritza ·

Dis baie tragies veral so voor Kerstyd, maar moet ook se dat ons al twee keer ondervind het dat die beheer ouens nie altyd verantwoordelik is nie, ‘n mens plaas jou lewe in hul hande deur te glo wanneer dit jou beurt is om te ry dat niemand anders oppad nog op die pad is na jou kant toe nie, het al twee keer gebeur met ons , wat ons amper betrokke was in ‘n kop aan kop botsing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.