6 polisiebeamptes vas in 3 provinsies

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Ses polisiebeamptes, van drie verskillende provinsies, is vir verskeie misdade in hegtenis geneem, het die Valke Sondag gesê.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn 30-jarige konstabel is Vrydag in Mthatha in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hy word daarvan beskuldig dat hy op Oujaarsdag ʼn 23-jarige vrou vermoor het.

Volgens Mulaudzi het die beampte glo ʼn verhouding met die vrou se ma gehad en het die vrou glo vir haar pa daarvan vertel. “Die pa het sy vrou gekonfronteer en sy het vir die beampte daarvan vertel. Hy het glo ʼn huurmoordenaar gehuur om die vrou se dogter te vermoor.” Die beweerde huurmoordenaar is ook in hegtenis geneem.

ʼn 32-jarige konstabel is Vrydag in Durban, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld geëis het om ʼn moordsaak te laat “verdwyn”. Volgens Mulaudzi het die beampte R5 000 geëis nadat hy glo vroeër vanjaar ook ʼn betaling van R3 000 gekry het.

In Port Elizabeth is ʼn 45-jarige adjudant-offisier Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn staatsvoertuig onder die invloed van alkohol bestuur het en ʼn botsing veroorsaak het. Die beampte was aan diens ten tye van die voorval en het van die toneel gevlug.

Drie polisiebeamptes is intussen ook Vrydag in Biesiesvlei in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van R200 van ʼn motoris gevra het. “Die motoris het die polisie in kennis gestel en die beamptes uitgewys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.