
Die wrak van die vragmotor wat kop aan kop met die minibustaxi gebots het (Foto: Verskaf)
Ses mense is dood en agt beseer toe ʼn minibustaxi en vragmotor Vrydag vroegoggend op die R56 naby Richmond in KwaZulu-Natal gebots het.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici en ander nooddienste omstreeks 02:45 na die toneel ontbied. By hul aankoms op die toneel het hulle die twee voertuie langs die pad aangetref. Die een gedeelte van die minibustaxi was heeltemal opgefrommel.
“Vier vroue, ʼn man en ʼn baba, is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.
Agt mense het van geringe tot kritieke beserings in die ongeluk opgedoen. Een van die kritiek beseerde passasiers is per helikopter na ʼn hospitaal geneem.
Die ander beseerdes is op die toneel behandel waarna hulle per ambulans na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Dis baie hartseer oor die sterftes, maar volgens die inperkings-regulasies mag die taxi nie op die pad gewees het nie, en dit het ook meer passasiers vervoer as wat dit mag!
Nou WAAR is die taxi oppad as daar DUIDELIK opdrag gegee is om tuis te bly… as hul maar net geluister het…
Oorsaak word ondersoek. Hoef nie verder te ondersoek nie. Spoed en roekelose en nalateige bestuur. Punt.