6 sterf in botsing; motor vat vlam

Argieffoto ter illustrasie.

Die Limpopo-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ses mense Sondag in die vroeë oggendure in ’n botsing op die R81 tussen Giyani en Polokwane dood is.

Volgens kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het ’n BMW en ʼn Mercedes-Benz in die teenoorgestelde rigting gereis toe hulle reg van voor naby die Dingamazi-nedersetting gebots het.

Die BMW het ná die botsing aan die brand geslaan. Die vier passasiers in dié motor het doodgebrand. Albei bestuurders van die onderskeie motors het in die voorval omgekom, wat die dodetal op ses te staan bring, het Ngoepe gesê.

Die slagoffers is nog nie geïdentifiseer nie en die oorsaak van die botsing word ondersoek, het Ngoepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Saint ·

Ongetwyfeld onverantwoordelike optrede !!
Die vraag is net WIE ??

Strand looper ·

Mmmm….of as daar weer gebraai ini pad met tyres?…ten koste van motoriste

Wielspore ·

Ons het vanmiddag op die N4 rigting Nelspruit vanaf Pretoria gery. Verkeer was aangenaam, nogal besig tot naby Watervalboven waar ‘n Mercedes met ‘n NT registrasie nommer van agter gekom het en voeruie op sperstrepe verby gegaan het. Die verkeers departement het geskitter in hul afwesigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.