6 sterf in trompop botsing

Nooddienste spook om vasgekeerdes bevry. (Foto: Verskaf)

Ses mense is Woensdagaand dood toe ’n bus en ’n motor reg van voor op die N7 tussen Piketberg en Moorreesburg in die Wes-Kaap gebots het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê ’n Volkswagen Polo en ʼn passasiersbus het sowat 2 km buite Moorreesburg gebots.

Volgens Africa was ses van die bus se 16 insittendes ná die botsing onder dié voertuig vasgekeer waarna hulle later met ʼn gespook bevry kon word. Die ander tien insittendes is ook in die voorval beseer.

Die bestuurder van die motor is in die botsing dood terwyl vyf van die bus se insittendes later dood verklaar is.

Die pad is sedertdien weer oopgestel nadat dit aanvanklik weens die botsing gesluit was, het Africa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Saint ·

Die aaneenlopende witstreep wat die twee rybaane skei is ‘n skildery wat slegs die eentonigheid van die pad moet breek.
Dit het geen ander lewende waarde nie.

Bekommerde ·

Sal nogal interessant wees om te weet wie was nou die skuldige?
DIt is nou die hoeveelste bus wat in die afgelope tyd in botsings betrokke is.

Motorbestuurders misgis hulle oor die spoed waarteen die busse beweeg.

Sterkte aan die wat geliefdes verloor het en almal betrokke met die ongeluk.

Carla van Wyk de Vries ·

Waar le die verantwoordelikheid van vervoermaatskappye veral wat die bestuurders van passasiersvoertuie betref? Word hulle afgelos en kry hulle genoeg tyd om te slaap? Is daar planne in gevalle waar aflosbestuurders nie by ontmoetpunte opdaag nie? Word dit van bestuurders verwag om maar “plan te maak” omdat almal so bewus is van die werkloosheid wat wag sou hulle as dislojaal bestempel word.
En wanneer daar ‘n ongeluk plaasvind word die bestuurder ondersteun of moet hy maar self vir sy regshulp opdok?
Wetgewing in die staatskoerant is nie genoeg nie.

Grompie ·

Dit is miskien tyd dat motoriste ander motoriste afneem en regering n no gee waarna fotos en videos gestuur kan word van padmisbruikers en hierdie wets oortreders vasgevat word.Indien sulke skulxiges aan die pen ry sal onwettige optrede baie gou aan bande gele word.Ook moet daar n wetstoepassers no wees waar die geslaap en onwettige bestuur sonder veiligheids gordel en selfoon misbruik tydens werksure bestuur met selfoon gestuur kan word.Dink net die positiewe invloed wat dit gaan he op morele effektiewe wetstoepassing.Dis tyd.

AmY ·

Watter busdiens was hierdie?
Ek het onlangs met Eldo Coaches gereis, en daar was geen probleme gewees nie.
Ek sal weer van hulle diens gebruik maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.