6 sterf toe bakkie onder trok beland

Foto: SAPD

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat ses mense Woensdagoggend in ʼn trompop botsing buite Kimberley in die Noord-Kaap dood is.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die botsing het omstreeks 07:30 sowat 35 km buite die dorp gebeur. Volgens Tawana het ʼn Opel Corsa-bakkie en ʼn vragmotor reg van voor gebots en het die bakkie gedeeltelik onder die vragmotor beland.

“Die bakkie en die insittendes was onder die vragmotor vasgevang. Al ses insittendes van die bakkie is op die toneel dood verklaar,” het Tawana gesê.

Hy het gesê die vragmotorbestuurder en twee van sy passasiers is beseer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

Meganiese toerusting is gebruik om die liggame van die oorledenes uit die voertuigwrak te verwyder.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Justice ·

Die ongeluk het moontlik 19:30 Woensdagaand gebeur aangesien dit volgens die foto al donker is en die noodvoertuie se ligte aan is. My innige simpatie aan die naasbestaandes van die oorledenes.

willie ·

So tragies en onnodig! Volgens die berig was die klein bakkie oorlaai! Wanneer ñ bakkie oorlaai is het die voorwiele baie min traksie wat lei tot onstabiliteit.

EkSêMaarNet ·

N Corsa bakkie met 6 persone is elk geval met 4 persone oorlaai…

Rene ·

07:30 is dan al lig en daar op die foto is dit dan pikdonker?

Dina ·

Vandag moet mens baie mooi dink voor jy op pad gaan in SA. Behalwe vir brandstof se prys, is jy jou lewe definitief nie seker nie vanweë die absolute slagting oral op paaie dag vir dag. Groot genade as mens veilig tuiskom…

Riaan ·

Dit lyk nie of die ongeluk op die pad gebeur het nie, lyk eerder of die vragmotor langs die pad gestaan het

Theresa B ·

Dit bly vreeslik ongeag die “oorlaaide” corsa bakkie. Die ongelukke om die paaie is iets ysliks deesdae. Goeie genade – wat gaan aan met alles en almal!

vonnie ·

2 voor in en 4 agter op??? is dit nie moontlik nie??? maak nie saak hoe nie 6 mense het hul lewens verloor agv die ongeluk. maar nee, eerste opslag moet almal kommentaar lewer oor hoeveel op/in die bakkie was. geen empatie meer vir ander deesdae nie

Speedguard ·

@vonnie, baie dankie ,uiteindelik iemand wat sin maak !!

Buitestander ·

Mag God die naasbestandes ryklik vertroos met Sy Groot liefde.
Onthou liefde is dit groot gebod. Hoeveel liefde het ek in my.

Buitestander ·

Mag God die naasbestaandes ryklik vertroos met Sy Groot liefde.
Liede is die groot gebod.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.