6 vas ná betoging op kampus hand uitruk

Argieffoto: SAPD

Ses studente is Maandag gedurende ʼn gewelddadige betoging by die Mangosuthu Universiteit vir Tegnologie (MUT) in Umlazi, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het sowat 70 studente Maandag omstreeks 08:30 buite die kampus opgeruk. Die studente het verbeterde lewensomstandighede asook oplossings vir die swak administrasie van finansiële hulpverlening geëis.

Brandende motorbande het die pad buite die universiteit versper waarna die groep studente deur die polisie en brandweer verjaag is.

Volgens Gwala is die betogende studente gevolglik die kampus binne. Studente het daarna polisiebeamptes met klippe en bakstene op die kampus bestook waarna die polisie met traangas gereageer het.

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld. ’n Sesde student is later ook in hegtenis geneem, het Gwala gesê.

Studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal het Sondagaand bedrame, matrasse en ander voorwerpe uit ʼn koshuis se vensters gegooi. Hulle eis ook verbeterde lewensomstandighede.

Studente van die Durban Universiteit vir Tegnologie (DUT) het Maandag op hul beurt na die stadsaal opgeruk met ’n lys van eise byna identies aan dié van studente by ander instellings.

Gwala sê die situasie op die MUT-kampus is steeds plofbaar met groepe studente wat kort-kort weer begin saamdrom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

George van Boshof ·

Lyk my die een student wat oorlede is nou die dag het hulle niks geleer nie. Absoluut geen respek vir lewens of eiendom of vir niks of niemand nie. Alewig iets om oor af te breek en af te brand en oproerig gewees. Ek is seker simpel om nog altyd onder die indruk te verkeer dat ‘n universiteit ‘n plek is van onderrig en dissipline en respek.

George van Boshof ·

Lyk my die een student wat oorlede is nou die dag het hulle niks geleer nie. Absoluut geen respek vir lewens of eiendom of vir niks of niemand nie. Alewig iets om oor af te breek en af te brand en oproerig te wees. Ek is seker simpel om nog altyd onder die indruk te verkeer dat ‘n universiteit ‘n plek is van onderrig en dissipline en respek.

Freud ·

Nou toe nou. Hoe verbeter jou lewensomdstandighede waarvoor jy betoog nou as jy jou bed by die venster uitgooi? Hulle beter ophou betoog en gaan studeer want met hierdie klas redenasie vermoë het jy onderrig nodig.

Jean van der Riet ·

” Gooi bedrame en matrasse by vensters uit , eis verbeterde lewensomstandighede ” ………….. wat n joke ! Welkom in Afrika !

Willehond ·

Gooi jou bed by die venster uit? Beter omstandighede? Ek lag my lam vir julle!! Hoe dom kan jy wees en dan wil hulle kastig studeer! Beste grap in n lang tyd!

Keelvol ·

Wat is volgende?
‘n Bed en matras is al beter lewensomstandighede. Baie mense sal wat wil gee vir die voorreg om nie meer op die grond te slaap nie.
Wie moet die goed nou weer opruim? Kinders leer mos van kleintyd af om agter hulle op te ruim.
Laat hulle self weer die klippe optel en verwyder.
Laat hulle betaal vir al die skade, ook aan motors.
Skors hulle, nie hangende ‘n ondersoek nie maar permanent.
Gaan kyk, dit is die wat nie beter gewoond is nie en nie betaal nie wat so aangaan.

Hanna Hoekom ·

Gee tog net vir hulle die grade en kry klaar! Dis duidelik dat hierdie “studente” nie daar is om te swot nie. Hoe langer hulle op die kampus bly, hoe minder gaan daar van die infrastruktuur oorbly. Gee die grade en laat hulle koers kry. Die buiteland bevraagteken reeds RSA graad sertifikate.

Ai ·

As hulle maar net kan besef wat hulle alreeds het… Goeie gesondheid, ondersteuning… En hulle het ook ‘n bed (gehad). Dit is hoekom jy daar is ou… Om die lewe vir jouself beter te maak.

George ·

Is dit nou die enigste manier om te probeer aandag kry? “Ag shame!”

E.T. ·

Ek stem 100% saam. Dis gewoonlik dié wie alles gratis kry wat alles afbreek en afbrand ipv hulle tyd spandeer aan hulle studies om hulle lewens te verbeter.

Renier Engelbrecht ·

Nie te moeilik as hulle beddens uitgooi nie. Verwyder dan die beddens en matrasse en laat hulle op die vloer slaap. Hoe moeilik is dit nou.

Coenie Basson ·

Die gooi van ‘n klip of baksteen is seker bedoel om seer en dood te maak! En die polisie mag nie kragdadig optree nie. Die Zimbabwiërs weet hoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.