6 vas oor renosterhorings

Foto: SAPD

Ses verdagtes sal Maandag in die Vryheid-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn nadat daar renosterhorings in hul besit gevind is.

Die verdagtes is Saterdag in hegtenis geneem nadat twee voertuie deur die provinsiale span teen renosterstroping op die Vryheid-pad voorgekeer is.

Die twee voertuie is deursoek en daar is op vier renosterhorings beslag gelê. Die inhegtenisnemings is gemaak ná ʼn intelligensiegedrewe operasie deur lede van die provinsiale taakspan.

Die verdagtes sal in die hof verskyn op aanklag van die onwettige besit van renosterhorings.

Foto: SAPD

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris Ws ·

Ek hoop van harte die regter gee hulle lewenslank tronkstraf want die skade wat hulle ons nasate berokken is onberekenbaar.

wreedheid ·

Wel Chris Ws jammer tog oor jou “nasate” maar dit is verskriklik wat hierdie arme diere deurmaak. En daarvoor sal ek se baie groot straf asb. Verkieslik pynlik en vreesaanjaend.

Michelle ·

Uitstekend werk vir al die manne wat dit moontlik gemaak het dat die skuldiges gevang word. Baie dankie, dit maak ‘n mens so trots voel op julle as mens weet geregtigheid het geseëvier.

Heksie ·

Wel gedaan aan die span! Mag julle van krag tot krag gaan!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.