6 verkeersbeamptes vas vir korrupsie

lisensie

Argieffoto.

Ses verkeersbeamptes het Donderdag in die landdroshof in Middelburg, Mpumalanga, verskyn nadat hulle na bewering verlede maand beslag gelê het op ʼn motoris se bestuurslisensie en op kontant daarvoor aangedring het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê ses verkeersbeamptes, tussen die ouderdomme van 28 en 43 jaar oud, is Woensdag op aanklagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem.

Dit nadat hulle ʼn motoris op 12 Maart voorgekeer het wat skoolkinders in sy bakkie vervoer het. Die verkeersbeamptes het egter nie ’n verkeersboete aan die man uitgereik nie, maar glo eerder sy bestuurslisensie geneem en geld in ruil daarvoor geëis. “Die man het glo aan hulle verduidelik dat hy nie geld het nie en daar is aan hom gesê dat hy nooit weer sy rybewys sal sien nie tensy hy daarvoor betaal,” het Hlathi verduidelik.

Volgens Hlathi het die man na bewering ʼn reëling met die verkeersbeamptes getref om hulle teen die einde van Maart te betaal. Die man het glo dié reëling nagekom.

Die polisie is egter onlangs van die reëling ingelig, waarna die verkeersbeamptes in die besit van die kontant wat die man aan hulle betaal het, in hegtenis geneem is.

Die verkeersbeamptes is op waarskuwing vrygelaat en sal na verwagting weer op 8 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Wie gaan dan die arme bloedjies in die strate terroriseer? Hulle inkomste is daarmee heen.

Megan Swart ·

Dagsê Lynette
Dankie vir jou kommentaar. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Strandloper ·

Die laaste paragraaf gaan alle logika te bowe…mis ek iets…o sorry “the african way”(sic)

Pieter ·

Covid stop hofsake. Sal niks van kom nie. Die provinsie is een wat werklik maak soos hulle wil.

Henk ·

Geen gevaar dat hul die klaer sal intimideer of probeer intimideer nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.