60 honde gered van Vrystaatse ‘gruwelhuis’

Van die diere wat in die huis aangehou is. (Foto: Verskaf)

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het op ʼn huis in Springfontein in die Vrystaat toegeslaan waar hulle op 60 honde beslag gelê het wat vermoedelik jare lank in swak toestande aangehou is. Toestande was só haglik dat van die diere weens inteling ekstra tone en misvormde koppe gehad het.

Duan Matthee, ʼn inspekteur by die DBV, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die DBV het verlede week klagtes ontvang oor ʼn vrou, in haar 40’s, wat glo vir slaappille vra om haar honde in te gee wat op ʼn streep aan katgriep vrek.

Matthee verduidelik dat inspekteurs kort daarna die “gruwelhuis” met behulp van ʼn soeklasbrief deursoek het waar hulle die skokontdekking van talle siek en misvormde honde gemaak het.

“Dit het eers gelyk of van die honde dood is terwyl hulle eintlik nog gelewe het. Dit was só vuil. Ek het ʼn kasdeur oopgemaak en toe spring ʼn hond uit. Ons het ʼn hond gekry wat onder in die voetstuk van ʼn bed vasgekeer was. ʼn Ander is in ʼn klein spasie vol spinnerakke agter ʼn kas in die hoek van ʼn kamer aangehou,” het Matthee verduidelik.

“Dit was so vuil.”

Hy vertel dat sowat tien honde van verskillende geslagte en dieselfde bloedlyn saam in een vertrek toegemaak was. Dié honde het onder mekaar aangeteel wat die ekstra tone en misvormde gesigte verklaar.

Volgens Matthee is die honde moontlik jare lank in die huis aangehou aangesien die misvormde honde tussen drie tot vier jaar oud is. Die oudste hond is 15 jaar oud. Die honde is na die DBV in Bloemfontein geneem waar agt babahondjies intussen aan katgriep gevrek het. Die ander 52 word tans deur ʼn veearts behandel.

Op die vraag van hoe nou gemaak met dié diere, het Matthee geantwoord dat die veearts oor die pad vorentoe sal besluit. “Ons wag nog vir die veearts se verslag, maar van die honde met misvormde gesigte sukkel om asem te haal, so [om hulle van kant te maak] gaan moontlik die enigste opsie wees,” het Matthee gesê.

Die vrou het aan die DBV gesê sy het geen kommentaar op die beskuldiging dat sy haar diere slaappille ingegee het nie.

Volgens Matthee is sy wel nie finansieel daartoe in staat om na die diere om te sien nie en het hulle slegs mieliepap gevoer.

Die DBV maak tans ʼn aanklag van dieremishandeling teen die vrou aanhangig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Joe ·

Name and shame!! wys n foto van die “vrou” dat sy suffer tot haar laaste asem uit is.

sakkie ·

ek stem sluit haar toe en gee haar presies dieselfde behandeling wat sy daai arme diere gegee het.

Nella ·

Gee haar vir my!!! Sy sal met meer as een misvormde kop en tone wees as ek klaar is met haar. Ek sal haar nie eers mieliepap gee nie, sy sal niks kry om te eet en drink nie.

Wragtig! ·

Ek stem Nella, ek voel presies soos jy, inteendeel ek voel meer vir diere as wat ek vir die gemiddelde mens voel, daar is geen sleg in hulle nie?

Helena. ·

Ek het nie woorde om daai vrou sleg te sê nie..diere wat nie kan kla oor hulle lot nie..hoe kon sy so wreed wees. Kla haar aan en gee haar n soortgelyke straf in n tronk vir mense soos sy..ek voel so bitter jammer vir diertjies en veral honde. Nee wat dis te erg vir my.

Nee genade ·

Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n hoarder en ‘n diereliefhebber! Gn mens wat diere liefhet sal hulle so behandel nie!!

Nettie ·

@Judge Dredd – as jy nie geld het om diere aan te hou, te voer, skuiling teen koue en hitte te gee en te laat STERILISEER NIE, moet hulle dan nie aanhou nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Emma ·

Hoe kom so iemand so lank met dit weg. Nee man sluit haar toe en gooi sleutel weg en sit haar in so n gemors waar die honde moes leef. N blerrie skande waar mense so moet aangaan met diere

Jean ·

Net afgryslik ! Eks seker die vrou moet een of ander groot sielkundige probleem he. Enige normale mens kan nie in sulke omstandighede bly nie,kyk net hoe morsig vuil is alles !wat nog te se honde soos rotte aanhou!
Dankie Vader dat dit eindelik uitgekom het.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.

God die Skepper het ons opdrag gegee om na die diereryk om te sien.
.
.

Blommie ·

Ag nee man sulke goed maak my net kwaad, die mense wat bewus was daarvan en stil gebly het moet ook sommer aangekla word.
Daai arme honde is hulpeloos en magteloos en daar vrou moet sommer tronk straf kry en n voorbeeld gemaak word van.

Woef ·

Ek kan net vra, WAAROM?
Het liefde vir diere net handuitgeruk en onhanteerbaar geword?
Die vrou het regtig ‘n sielkundige probleem wat aangespreek móét word.

Nettie ·

Dié …e… “vrou” (kom ons noem haar maar vir die doel van die kommentaar en ordentlikheidshalwe so) ….. is wat mens ‘n “hoarder” noem, Sies man, vieslik!!!!! Hoe leef mens so, in sulke omstandighede, in soveel vuillis en gemors???? Jislaaik, goed soos die laat my sommer warm onder die kraag EN met jeukende hande (en dit is NIE om die gemors skoon te maak nie, maar om my hande om ‘n sekere “mens” se keel te slaan en te begin druk).

Ontsoke ·

Die woorde wat nou oor my mond gekom het met die lees van hierdie artikel, kan ek nie hier herhaal nie, goeie genade, die vrou is siek. Ek is so geskok en woordeloos, ek stem laat die DBV haar ook sommer uitsit, want sy verdien nie om in ons samelewing te wees nie. Mag … nee as Christen mag ek haar nie die vreedste dood toewens nie … sy moet vol demone wees hierdie siek monster, die arme arme diere. Woorde ontbreek my.

blom ·

dis aaklig – daardie arme diere is deur hel. Hulle verdien nou slegs Hemel op hierdie aarde. Hoekom al die diere aanhou as jy dan nie eers ordentlik vir hulle kan sorg nie – dis uiters DISGUSTING!!!

Wat ‘n onmenslike, wrede werkliheid ·

Die arme diere. Die wreedheid van die mens het geen perke nie. Dankie dat julle gehelp word deur mense wat omgee vir julle, want julle kan nie julle self help nie en van julle moet erg ly en swaarkry. Dankie DBV. Om berigte soos hierdie te lees vat erg en vlymskerp aan ‘n mens.

Yolanda ·

Grote genade, ek het nie woorde nie. Ek sit met n “mother” vet knop in my keel. Trane wil rol. Vrou……. Jy verdien nie die koningryk nie!!!!!!!!!!

Lizelle Niemand ·

Ek kan nie glo wat ek sien nie. Hulle moet haar in sulke omstandighede toesluit waarin sy die diere aangehou het. Daar moet GROOT fout wees met haar. Klomp siek mense in ons samelewing!

Mag julle gehelp word asseblief ·

Te oordeel aan die kommentaar vat hierdie berig oor hierdie arme hulpelose honde wat hel op aarde beleef baie erg aan die lesers. ‘n Mens kan nie anders as om ongelooflik ontsteld en ook ongelooflik hartseer te wees nie. Maar terselfdertyd ook woedend want hierdie arme diere verdien nie hierdie hel waardeur hulle moet gaan nie. Dankie aan julle almal wat waaragtig omgee.

honourable member ·

Liewe hel hoe hou jy diere aan as jy duidelik nie vir hulle kan sorg nie. Ek is n groot diereliefhebber en sulke mense maak my naar. Kyk hoe vuil is daardie plek so hoe kan enige mens tevrede wees om so te leef. Dis erger as n varkhok!!!!

Annamarie Olivier ·

Ek stem saam name en shame haar sodat almal kan weet van haar.
Dit is ‘n skande wat wil sy met die honde maak? Hulle is duidelik nie troeteldiere as jy hulle slaap pille gee en in kamers toe maak nie.
Gee haar naam.

DeVill ·

En wat nog meer hartseer as hierdie storie is, is die feit dat hierdie maar een van miljoene sulke plekke is reg oor die wereld.

VanAfrika ·

Dit lyk soos daardie Hoarders in Amerika, hulle het al n dooie kat se karkas tussen n vrou se vuilgoed gekry en sy het gedink die kat het weg gehardloop.

n Ander het weer haar dooie katte in haar vrieskas gesit want sy kon nie afstand doen van haar dier nie.

Hierdie mense het sielkundig n probleem. Hulle raak histeries as hulle net hoor hulle goed moet vankant gemaak word.

Dis dalk die vrou se probleem.

Abel ·

Blik… sluit haar toe en gooi die blerrie sleutel weg!!!!! Wie gee haar die reg om diere so te behandel??? Diere is vir ons gegee om te versorg en lief te hê, maar dan doen mense sulke walglike dinge. Sy mag nooit weer enige dier in haar sorg hê nie!!!!

Dit maak my sooooo kwaad, maar ook so hartseer vir daardie onskuldige diere……………….

Regtig? ·

Ja, dit is verskriklik en as diere liefhebber vir my ‘n bitter pil om te sluk. Bure en ander mense wat van die situasie bewus was moes lankal ‘n plan gemaak het, want duidelik het hierdie vrou ‘n probleem.

Wat my meer ontstel is die kommentare wat party Christene op hierdie blad plaas. Mense wat hulle self die reg toe eien om te besluit wie die Koningkryk verdien, mense wat kan besluit of iemand vol demone is … Hoe lees jy jou Bybel veroordelaar? Sê die Bybel nie jy mag nie klippe gooi nie?! As jy ‘n gekwalifiseerde sielkundige is en dus kan bepaal wat die vrou se probleem is, help haar en die diere dan tog liewer, en hou jou kras uitlatings vir jouself asseblief

ek sê maar ·

Wat ek nie verstaan is hoe niemand lankal agtergekom het nie. die honde moes tog tjank of raas en het niemand ooit iets gehoor of geruik nie? Ek wil my glad nie oor die vrou uitspreek nie, dis duidelik dat sy ‘n sielkundige probleem het. Ja ek voel ook woedend en magteloos as ek lees van diere se swaarkry maar mens moet pasop om te oordeel as mens nie die ware feite ken nie. Ek praat geensins haar dade goed maar ek glo dat daar iets groot met haar verkeerd is om so aan te gaan, Waar is haar familie en so – hoe het niemand geweet wat aangaan nie? Of hou mense hul weer doof vir dinge? Maklik om nou vinger te wys as niemand voorheen iets gedoen het nie. Sou graag wou weet waar sy gebly het – met ander woorde ver van mense of wat of hoekom het niemand ooit iets vermoed nie. Waar is haar bure? Te veel vrae…

Bakkies ·

Ek het GEEN genade vir so ellendeling nie! Arme weerlose diere? ek het nie woorde om te beskryf wat ek met haar sal doen as ek haar in die hande kry nie?

Alida ·

Hopenlik is al die diere uitgesit en verlos. Wonder of n skoonmaakdiens se hulp ingeroep is hoop so. Die stank en kieme moet oorweldigend wees.

humor ·

Waarom sy die diere in sulke haglike toestande aanhou is vir my n raaisel. Ek glo nie sy genereer n enkele sent uit hierdie toestand en misvormende diere nie. Hoe kan n mens in sulke vuil omstandighede leef.

Planke ·

My oorlede pa het geboer en altyd vir my gese as jy nie vir n dier kan sorg nie moet jy hom nie aanhou nie.

Gerrit ·

Algemene tendens , hoe armer mense is soveel minder verantwoordelik ten opsigte van diere en ook soms selfs kinders is hulle . Tog bly hulle lief vir hulle . Somige ryk mense se diere mag dalk goed versorg wees , maar kry nie die nodige aandag wat hulle behoort te kry nie . Sal die vrou eerder wou help om die diere te help , en haar tot beter insigte (beplaning) te lei .

Estelle ·

My hart gaan uit na daardie arme honde, ek kan net myself indink hoe hul elke dag moes gelewe het in daardie omstandighede en al wat daardie honde ken is mieliepap om te eet, slaappille ingegee, misvormheid hoe kan ‘n mens dit aan ‘n dier doen, enige dier. My ma het altyd gese as honde of katte kon praat sou min mense troeteldiere gehad het. EK HET NIE WOORDE VIR DIE VROU NIE. Daar is geen verskoning vir hierdie tipe daad nie ongeag wat in haar lewe verkeerd geloop het nie. Diere gee jou as mens comfort, liefde, blykskap en al wat troeteldiere vra is “gee ons dieselfde terug”.

Elsa ·

My hart is sommer seer om van sulke goed te lees. Wat ek nie kan verstaan nie, is dat hierdie vrou tog sekerlik familie en bure moes hê. Syself moet ernstige sielkundige probleme hê om honde in sulke omstandighede aan te hou en onbeheerd te laat aanteel en hulle nie te versorg nie. Hoekom het die bure nie gekla of dit by die polisie of DBV aangemeld nie? Ek glo slaappille is seker duur en as sy nie geld gehad het vir kos vir die honde nie, waar het sy geld gekry vir slaappille? Ons lewe in ‘n siek samelewing en die mense wat bewus moes wees van die haglike omstandighede waarin hierdie vrou geleef en die honde aangehou het, is net so of nog meer skuldig as sy. Mense wil mos nie meer betrokke raak nie en sal niks doen om so iets te help voorkom nie, maar hulle kan gou klippe gooi en veroordeel as iets soos hierdie geval wel op die lappe kom. Hierdie vrou kan nie normaal wees nie en sy het beslis hulp nodig, nie net veroordeling nie.

MW ·

Daar is GEEN verskoning nie, jammer. As jy soveel honde wil aanhou sonder fondse vir sterilisasies sorg jy dat die wyfies wat op hitte is eenkant gehou word, sê my beperkte intelligensie. Hierdie hele storie is net siek verby. Miskien moet sy vir ernstige waarneming verwys word en nie weer uitgelaat word nie

Andrea ·

En nou moet hul uitgesit word. Ontwrig, bang en dan die dood. Ek stem saam dat dit haglike omstandighede is waaruit hul verwyder is, maar darem het hul kos en skuiling gehad. Nou wag net die dood by die DBV.

Kyk asb ook na diere in informele nedersettings – hul het nie kos, water of skuiling nie.

se net ·

Stilfontein is n baie klein plekkie. Hoe kon so iets in n huis aangaan en niemand kom iets agter nie. Ek wonder maar net……..

ek sê maar ·

Dis eintlik SPRINGFONTEIN. Maar ja, dis ook ‘n klein plekkie dis hoekom ek ook wil weet waar was bure, waar is die vrou se familie, vriende, kerk? Hoe het niemand ooit iets snaaks gehoor, geruik of watookal nie. Nes met kindermishandeling “hoor” of “sien” bure nooit iets. Ek verstaan dit glad nie.

Watnog ·

Hierdie vrou moet lewenslank tronk toe….Geen dier verdien dit nie
Sy hoort in die groendakkies liewers! Wys haar gesig vir ons!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.