60 hospitaal toe ná ‘gaslek’ by universiteitskoshuis

(Argieffoto)

Minstens 60 Johannesburgse studente is Sondagaand hospitaal toe geneem ná ’n vermoedelike gaslek by ’n universiteitskoshuis in Parktown. Dit is nog nie duidelik aan watter universiteit die studente studeer nie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die nooddienste is net voor 18:00 na die koshuis ontbied nadat talle studente gekla het van kortasem.

Talle studente, almal ouer as 18 jaar, het by paramedici se aankoms reeds die koshuis ontruim en buite op die sypaadjie en in die straat rondgestaan.

Altesame 170 studente is op die toneel ondersoek voordat minstens 60 na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Meiring sê die oorblywende studente het verdere behandeling en vervoer na die hospitaal van die hand gewys.

“Die presiese omstandighede rondom die voorval is onbekend, maar die plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.”

Die voorval volg kort nadat tientalle leerders aan Hoërskool Richardsbaai in KwaZulu-Natal vroeër vandeesmaand hospitaal toe geneem is ná ’n vermoedelike gaslek in die omgewing.

Maroela Media het toe berig kinders én volwassenes het naarheid, braking en probleme met asemhaling ontwikkel. Baie van die pasiënte het ook hul bewussyn verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

Almal swat mos verniet. Daar is nie geld vir instandhouding nie.

madels

Dit kan of n gas lek wees weens slegte instandhouding of opsetlik.. met wat nou in hierdie land aangaan weet m mens nie meer nie