60-jarige in kruisvuur gewond

ambulansʼn 60-jarige man is Dinsdagmiddag in Rustenburg tydens ʼn oor-en-weer-skietgeveg tussen ʼn veiligheidsbeampte en vier rowers gewond.

Lt.kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê vier gewapende mans het ʼn veiligheidsbeampte oorval terwyl hy in sy voertuig in Aschenbergstraat in Chamdor gesit het. “Hulle het ʼn vuurwapen op hom gerig en aangedring op sy dienspistool,” het Mogale gesê. Die beampte het sy vuurwapen oorhandig, waarna die mans weggehardloop het.

“Die beampte het ʼn tweede vuurwapen by hom gehad en op die rowers geskiet terwyl hulle weggehardloop het.” Hulle het teruggeskiet en die 60-jarige omstander is vermoedelik tydens die skietery gewond.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die slagoffer is ernstig gewond. Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die Kagiso-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek enigiemand met inligting oor waar die verdagtes hulle mag bevind om Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chivago ·

Chamdor en Kagiso is in Krugersdorp – was die voorval nou in Rustenburg of Krugersdorp?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.