60-jarige pak inbreker met kombuismes

Die vrou wys waar die vermeende inbreker oor die muur gespring het. (Foto: Rusa/Facebook)

’n Vermeende huisbreker het hom in Verulam, KwaZulu-Natal, vasgeloop toe ’n vrou hom met ’n kombuismes in die bors gesteek het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die vrou was verskrik toe sy die sekerheidsdiens ná 16:00 na haar huis ontbied het. Die vrou het vertel sy het ’n man met ’n mes gesteek, nadat hy by haar huis ingeglip het.

Die vrou het Rusa se beamptes met hul aankoms meegedeel dat sy televisie gekyk het toe sy hoor hoe iemand die onderste helfte van haar agterdeur probeer oopdwing.

Die vrou het ondersoek ingestel en opgemerk dat ’n verdagte by haar huis insluip. Sy het eers ’n houtrak gegryp en hom daarmee bygedam, maar dit het nie die verdagte afgeskrik nie.

Dit is tóé dat sy glo ’n kombuismes gryp en die verdagte in die bors steek.

Die gewonde verdagte het ná die voorval oor die muur gespring en gevlug. Volgens Rusa is die verdagte steeds soek.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die voorval is nie by die plaaslike polisiestasie aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Di ·

Seker hy sal nie gou weer probeer inbreek nie, dis te se as hy nog lewe! Mens se sondes haal jou wel in, een of ander tyd.

Vanessa ·

Ons is trots op die dame, sy sou verseker nie lewendig uit die man se kloue gekom het as sy nie opgetree het nie!!!!!

Willem ·

Stiek hom, my tannie. Stiek hom! Hy sal nie weer probeer nie.

isabelle ·

ons raak moeg om in vrees te lewe en die skurke lewe asof ons die verkeerdes is VAT SO!

Papsak ·

Mooi so meer moet op staan en dit doen like dit doen dit meer kry lekker my tone krul

Annelize ·

Die wetsgehoorsame landsburgers is vuisvoos en gatvol! Mense gaan hulself al hoe meer en meer begin verdedig.

Oom Hennie Pennie ·

Die boef gaan haar seker nou aankla van aanranding??

Magda G ·

Net jammer hy is weg. Iemand moes hom verseker met die wond help. Gelukkig is die vroutjie nie beseer nie

gpsa ·

Altyd goed om ‘n wapen binne ryk afstand te he. Al is dit ‘n knipmes of traangas.

Nico ·

Die ou dame gaan seker aangekla word vir poging tot moord. Die dame het reg op getree, wat soek hy in haar huis, Dis reg wys tannie is oud maar nog nie koud nie.

Karina ·

Goed so dat sy dit nie by die polisie aangemeld het nie, dan was sy vir “poging tot moord” aangekla. Ek is bly sy is nie beseer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.