60-jarige sterf ná duikvoorval

Foto: ER24

ʼn 60-jarige man is Maandagoggend dood verklaar ná ʼn duikvoorval by Warner Beach in Durban, KwaZulu-Natal.

“Paramedici het omstreeks 09:00 by die toneel opgedaag en is ingelig dat ʼn boot ʼn pasiënt strand toe sal bring,” het Russell Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die boot het kort daarna opgedaag. ʼn Man, vermoedelik in sy 60’s, het bewegingloos in die boot gelê.”

Paramedici en lewensredders het hom ondersoek, maar kon nie enige teken van lewe kry nie.

“Paramedici het dadelik KPR toegepas in ʼn poging om hom by te bring, maar alle pogings was tevergeefs, en die man is dood verklaar.”

Meiring het gesê verdere besonderhede rondom die voorval is nog nie dadelik bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.