60-jarige vrou vas oor dwelms

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

ʼn 60-jarige vrou van Phoenix in Durban het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van die besit van dwelmmiddels met ʼn straatwaarde van nagenoeg R400 000.

“Die polisie se openbare orde-eenheid het die vrou Donderdag in hegtenis geneem,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Polisiebeamptes het reageer op ʼn wenk en het die huis in die Greenbury-gebied begin dophou. Hulle het die perseel betree en toestemming gevra om dit te deursoek.”

Tydens die soektog het die polisiebeamptes beslag gelê op dwelmmiddels ter waarde van R400 000. “Die polisie het beslag gelê op 12 200 heroïenstrootjies, 336 mandrax-tablette, 46 foeliepakkies met ʼn poeier in, gebreekte stukkies pille, vermoedelik mandrax, en 10 rondes ammunisie,” het Zwane bygevoeg.

Die vrou is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelmmiddels. Sy het Vrydag in die Phoenix-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Betty Mmamonnye, provinsiale polisiekommissaris, het gesê sy hoop die verdagte sal suksesvol vervolg en gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Genis ·

Ek wens al hierdie dwelmsmouse, skelms en moordenaars kan permanent uit die samelewing verwyder word. Hulle is gesante van Satan.

REGINA ·

Ja dink net hoeveel mense se lewens verwoes sou word a.g.v. al daardie dwelms, om nie eens van hul families se smarte te praat nie! So dankbaar die dwems is betyds gevind! Maar wat van al die tienduisende dwelmsmouse wat steeds voortgaan om duisende mense se lewens totaal te verwoes? Hulle moet tot aan die uiterstes van die aarde aangekeer en vervolg word, bring terug die doodstraf! En al daardie Nigerier-dwelmbase moet vir eens en vir altyd uit die samelewing verwyder word! Wat soek hul in die eerste plek hier?

CHRISTA ·

Ek hoop hulle sluit haar toe en gooi die seldeur se sleutel weg!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.