60% van sekswerkers is MIV+

miv strik hivSowat 60% van Suid Afrika se geskatte 150 000 sekswerkers is MIV+, het The New Age Dinsdag berig.

Dié statistiek is Maandag in Johannesburg by die bekendstelling van ʼn nasionale MIV/Vigs-veldtog vir sekswerkers, deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad (Sanac) bekend gemaak. “Hoe kan ʼn mens oor die voorkoming van MIV praat, en nie sekswerk aanspreek nie, wetende dat MIV-oordraagbaarheid seks behels?” het Fareed Abdullah, Sanac se uitvoerende hoof, by die bekendstelling gesê.

Sekswerkers, hul “nie-kommersiële” lewensmaats, en hul kliënte vorm die 6% tot 11% van al die nuwe besmettings in Suid-Afrika.

Die “kommerwekkende” statistiek het Sanac en sy vennote aangespoor om die veldtog van stapel te stuur, om MIV/Vigs in die sekswerkersbedryf te beveg. “Die program spits hom ook daarop toe om toegang te bied tot maatskaplike en gesondheidsdienste waar sekswerkers MIV-berading en -toetsing, behandeling en voorbehoedmiddels kan ontvang,” het Abdullah bygeboeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

pop ·

Wat kommerwekkend is, is dat net 6 tot 11% sekswerkers nuwe aanmeldings is. Wat se dit???? Die res is mense wat vrylik rondgaan en seks verniet gee en kry. Dis mos nou iets wat ons onder ons kinders en jongmense se aandag moet bring.

Jan ·

Lekker lag ek nou Scalla ! Party(meeste) mense hier op Maroela is altyd sooooo ernstig !

Elfie ·

Scalla – nes jy sê! Anders gestel – it comes with the job!

SE ·

Ek dink persoonlik, dat nie Doop, of watter dag Sabbat gehou word enige verskil moet maak aan jou verhouding met Jesus Christus nie. Indien jy Jesus tenvolle dien sal die Heilige Gees baie getrou Sy werk in jou hart doen – Mense kyk vas teen die Doop, Tale praat, Sabbat en baie ander dinge maar hulle vergeet totaal dat Jesus vra ons moet Hom dien met n rein en opregte hart. My vraag dan: bring die enige van hierdie dit. Of is dit die Heilige Gees saam met Jesus se verlossings bloed en die Vader se genade wat ons Kinder van Hom maak. Ek dink nie n Doop of n Sabbat doen dit nie.

Daleentjie ·

Presies! (alhoewel dit in verkeerde plek gepost is … “Stille Nag” steeds heilig, sê kerk). Dit gaan oor ‘n verhouding, en nie die doen van dinge nie.
:-)
Ek kon dit nie beter gestel het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.