60 vas in JHB oor dronkbestuur

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 60 motoriste is Vrydagaand in Johannesburg vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

“Die padblokkades is deur 94 vroulike metropolisiebeamptes behartig as deel van die vieringe van Vrouemaand,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

Die padblokkades is in Chris Haniweg in Soweto, Bree- en Mooistraat in die middestad, Jan Smutsrylaan en Sewende Laan in Parktown en op die M1- en Corlettrylaan-afrit gehou.

“Die motoriste is vrygelaat op borgtog van tussen R1 000 en R1 500,” het Minnaar gesê. Hulle sal volgende week in verskillende howe in Johannesburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.