600 dae van inperkingvoosheid – uitdaging aan die president

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

Op 27 Maart 2020 het Suid-Afrika in ʼn landswye afsonderingsperiode geplaas. Dit is as ʼn opskorting van drie weke van die liberale norm voorgehou sodat openbare gesondheidsdienste vir die Covid-19-pandemie kon “voorberei”. Sedertdien het 600 dae van verskillende inperkingsvlakke gekom en gegaan, sê Michael Morris, woordvoerder van die Instituut vir Rassebetrekkinge (IRR).

Op 15 November 2021 het die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Nkosazana Dlamini-Zuma, weer die “ramptoestand” verleng, ondanks rekordlaagtepunte in huidige Covid-19-sterftes. “Hierdie uitbreiding is ongrondwetlik en waarskynlik bedrieglik opgestel.”

Soos die IRR in ʼn brief aan die president opgemerk het, is wat ʼn “ramptoestand” genoem word in werklikheid ʼn noodtoestand. “Deur dit ʼn ander naam te gee, kan die nasionale koronavirusbevelsraad artikel 37 van die Grondwet ignoreer. Volgens hierdie artikel ‘kan ʼn noodtoestand slegs ingevolge ʼn parlementswet afgekondig word’. Geen parlementêre goedkeuring is vir die jongste verlenging gegee nie.”

Morris sê in opvolging van verlede week se brief aan die president, eis die IRR se prokureurs nou om te weet op grond waarvan die “ramptoestand” verleng is. Hierdie eis is ook aan die Cogta-minister gerig.

Die IRR eis antwoorde op die volgende vrae teen 30 November:

  • Op grond van watter advies, verslae, bewyse of oorwegings is die nasionale ramptoestand op 15 November 2021 verleng?
  • Watter redes onderlê die besluit om die nasionale ramptoestand te verleng?
  • Is enige alternatiewe maatreëls oorweeg om die verspreiding van Covid-19 te bekamp voordat daar besluit is om die nasionale ramptoestand te verleng? Is daar enige minder beperkende maniere vir die bekamping van Covid-19 oorweeg?
  • Is die voortgesette nadelige ekonomiese gevolge wat met die nasionale ramptoestand gepaardgaan in ag geneem tydens die huidige en vorige verlengings van die ramptoestand?
  • Is daar in ag geneem dat, ondanks die feit dat Suid-Afrika landswye plaaslike verkiesings gehou het, geen styging in Covid-19-gevalle tans ervaar word nie?
  • Is enige internasionale voorbeelde ondersoek en gevolg in die besluit om die nasionale ramptoestand te verleng?

Suid-Afrikaners verdien antwoorde op hierdie en ander vrae wat volledig in die brief verskyn wat hier gelees kan word.

“Die meer as 10 000 Suid-Afrikaners wat deur die IRR ʼn petisie onderteken het om die bevelsraad te ontbind en die ‘ramptoestand’ te beëindig, het die reg om te weet waarom Suid-Afrika, anders as enige ander land waarmee ons onself wil vergelyk, ongeag die feite, in grendelstaat bly,” sluit Morris af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

dr. Petronella ·

Dit is n magspel waarmee hul besig is. Van die begin van die inperking het my sesde sintuig my laat dink dat ons nooit weer uit die staat van inperking gaan kom nie!!
Dit gee onbeperkte mag aan die bevelsraad en dit gaan hofsake neem om ons v hierdie diktatorskap te bevry, as dit ooit gaan gebeur!

Casper ·

Ramopie is die hoof van die land en kopdoektannie die nek,sy draai hom rond net waarnatoe sy wi.Eintlik is sy die president.

Ina ·

Behalwe die onlogika van drank, sigarette en curfew, wat niks met n virus te doen het nie,,, bietie waarvan leef ons wat al 600 dae sonder werk is? Landsburgers wat n land vir jou opgebou het,,, dek jou tafel, en swaai jou septer.

KB ·

Ja, dit kan nou verseker eindig. Ons is nou regtig moeg hiervoor. Die alewige ou statistieke in elke nuusberig…altyd twee dae laat, onakkuraat en emosie-drywers.
Kom ons gaan aan met ‘n positiewe vol lewe.

Johan ·

Spesiale dank aan die media wat saam met hul “top medici” meesters die paniek veroorsaak het. Dit het die politici die kans gegee om ons te verbruisel met hul magsbeheptheid. Dink net hoe lekker is dit vir n politikus om almal aan te sê om te spring en hul vra nie een vraag nie hul spring net….en dit gaan moeilik verander.

Anel ·

Behalwe hul magsbeheptheid wil hulle aan die wêreld bewys hoe goed hulle regeer. Ek dink hulle wil die rekord breek vir die land wat die langste in geperk is en geen burger kom in opstand nie. En hulle bereik niks. Hierdie inperking, maskerdra en handjies was het geen verskil gemaak nie en sal ook nie. Hoe langet die maskers gedra word hoe swakker word die imunstelsel. Selfde met die handewas, was alle kieme weg. Môre, oormore sit almal met maaggriep en wonder hoekom. Mense is moeg. Kyk die oë wat oor die maskers na jou kyk. En die kindertjies. Dooie oë, geen lewenslus. Dis siek man. Kry asseblief end hiermee!!!!!

Nicolaas Hendrik ·

Briewe skryf help nie, iets drasties moet gebeur

Dirk Mostert ·

Dis maar deel van die globale gekonkel. Netsoos die entery. Een ent sou jou permanent immuun maak. Toe ‘n tweede om jou van 95% na 99% te neem. Dan volg die eerste booster vir 99.0 tot 99.1%, ensovoorts. Maar jy kan steeds ander aansteek of aangesteek word, hospital toe gaan of doodgaan. Entpaspoorte op selfone sal gedurig hernu moet word met elke nuwe boosterentveldtog. In Europese lande is daar nou weer nuwe golwe ten spyte daarvan dat omtrent almal reeds geent is.

FranWilder ·

Ek glo nie hulle sal dit net voor kersfees lig nie, in teen deel ek dink hulle gaan dit nou strenger maak.

annie ·

Die Reserwebank glo ook die land het geen krisis beleef nie. Alles is dood-dollies. Kap die verdwaasde volk verder met petrolprysverhogings en nog inperkings, watwou, en maak alles weer toe om Minister-catch-22 se onthalwe totdat 20-22 ons inhaal. Met ons drie presidente is ons op die wenpad: Antie-X, Oom-Pledge en die sterwende Nkantla-siener, terug in die hospitaal om sy sieninge te laat genereer. Die suave vise-president is weer terug uit Rusland. Hy sal jul van nou af te woord staan. Hou moed.

Waarnemer ·

10000 handtekeninge uit 4 miljoen mense?Dit maak nie sin nie.Is die 3miljoen negehonderd en negentig duisend mense dus akmal gelukkig met die lockdown?Ek vra maar net

Swerwer ·

Dit is absoluut ‘n politieke magspel wat uitgeoefen word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.