61 in hof oor xeno-geweld

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 61 verdagtes wat vroeër vandeesmaand in Kanana in Noordwes in hegtenis geneem is op aanklag van openbare geweld, is vrygelaat op borgtog.

“Die verdagtes, wat op 17 April in hegtenis geneem is, is tussen 15 en 25 jaar oud,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Elf van die 61 verdagtes is minderjarig en is vrygelaat in hul ouers se toesig. Altesaam 46 is elk op borgtog van R300 vrygelaat, twee is vrygelaat op borgtog van R500 en twee het ʼn waarskuwing ontvang.”

Die groep het na bewering ʼn uitlander se winkel betree en geplunder. Nog ʼn voorval van plundery het glo ook direk daarna in die omgewing plaasgevind.

“Die saak is tot 21 Mei uitgestel wanneer die verdagtes in die Orkney-landdroshof moet verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.