61-jarige man vas vir 4-jarige se moord

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 61-jarige man is in hegtenis geneem vir die beweerde moord op sy vierjarige stiefkleindogter.

Kapt. Nkosikho Mzuku, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het by ʼn huis in Mdantsane, noordwes van Oos-Londen in die Oos-Kaap, plaasgevind.

“Die dogtertjie se biologiese ma en haar ouma het haar in die sorg van die verdagte gelos toe hulle Vrydagaand uitgegaan het. Toe hulle terugkeer, het hulle die kind dood in die huis aangetref,” het MZuku gesê.

Die polisie het ʼn moordondersoek van stapel gestuur en die man in hegtenis geneem.

Die motief vir die beweerde moord en oorsaak van die kind se dood is nie bekend nie en word ondersoek.

Die man sal na verwagting Maandag in die Mdantsane-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marisa ·

Mens kan maar net raai wat daar aangegaan het. Soos reeds opgemerk, die mense is SIEK.
Maroela wil my geldelike bydrae hê, maar dan moet hulle begin om my kommentare te publiseer.

Heid Lundie ·

Marissa, daar is reels en wette wat publikasies moet gehoorsaam en jy mag “raai” wat aangaan maar die joernaliste mag NIE. Ek het nie eens geweet jy betaal om Maroela te kan lees nie. Siestog vir jou. Publiseer my kommentaar of ek gooi my toys uit die kot uit :)

Stuiwer ·

Hierdie tipe misdaad kom nou al hoe meer voor waar mense, wat die familie ken, die oorsaak van kinders se dood is. Dit dui op GROOT sosiale probleme in sommige van ons gemeenskappe. Ek weet nie wat die oplossing is nie, maar een daarvan is die bewusmaking van kinders se ouers dat hulle verantwoordelik is vir hul kinders en te alle tye moet weet waar hulle is en by wie. Ouers is geneig om na die tyd lang trane te huil, maar is eintlik mede-beskuldigdes, omdat hulle nie na hulle kinders omsien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.