62-jarige skenk geboorte aan babadogtertjie

Die 78-jarige man en sy 62-jarige vrou wie se babadogtertjie op 34 weke gebore is Foto: Channel 7

Die 78-jarige man en sy 62-jarige vrou wie se babadogtertjie op 34 weke gebore is Foto: Channel 7

ʼn 62-jarige vrou van Australië is die land se oudste vrou wat geboorte geskenk het, het plaaslike media Woensdag berig.

Die vrou van Tasmanië het Maandag die lewe geskenk aan ʼn babadogtertjie, het Channel Seven berig.

Michael Gannon, president van die Australiese mediese vereniging, het op Twitter gesê dit was “malligheid, selfsugtig en verkeerd” vir die vrou om die baba te hê en of “enigiemand vooruit gedink het aan die kind se tienerjare”.

Die baba is op 34 weke deur middel van ʼn keisersnee gebore, aldus Channel Seven. Dit gaan goed met ma en baba.

Die vrou het ʼn in vitro-bevrugtingsbehandeling buite Australië ondergaan. Haar 78-jarige man het haar deur die swangerskap bygestaan, het die Sydney Morning Herald berig.

‘n 60-jarige vrou het in 2010 die lewe geskenk aan ‘n baba.

Lees meer: Channel 7, Sydney Morning Herald

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

julius ·

Met sulke ouers kan die kind ‘n vol lewe saam met haar ouers hê. Ek sal dit oorweeg solank dit my eie kind is.

Mariana ·

Ek dink Michael Gannon moet sy lelike aanmerkings vir homself hou. Hy is darem baie uitgesproke op twitter.

Rapes ·

Ek dink ook die ouers moet hul koppe laat lees. Voor die kind die huis verlaat is die ouers 82 en 98 jaar oud. Kan jy nog na ‘n tiener omsien op so ‘n hoë ouderdom of het hul die baba om na hul om te kyk?

Gideon ·

Ek dink dit is wonderlik!! Ek glo daardie kind gaan liefde ontvang, en ook bestendige omgewing!
My oupa grootjie was 67 toe hy met sy jong bruid trou, en het 8 kinders gehad en was doodgelukkig.

Maria van Dieweeck ·

Dis fasinerend! Dit kom baie voor in lande soos Kuba dat mans in hul 80s met jonger vrouens trou en kinders verwek, maar as hul altwee oud is hoop ek hul kan babaopassers bekostig

yvette ·

Dis selfsugtig,en daars n woord v dit…j@?$!!! Arme kind gan d joke v d jaar wees,like daar ni genoeg issues is v kids ni. Nee hel,k neem aan dis hulle laaste desperate poging v aandag. Bang hle word eenkant toe gestoot en v vergeet,soos d met baie bejaardes gaan

Jan maak n plan ·

Soos my ouma gesê het – as jy gied is dan is jy goed. Maar ek hil my eie skaduwee en stif weg as ek niu weer na n babaatjie moet begin omsien. Dit was baie leker maar dis nou klaar dankie.

N ·

Vir my is die probleem die volgende : daai mense is al oud. Die kanse dat hulle sieklik raak of so iets is groter as wat dit is vir jonger ouers. En ja enige iets kan met enige iemand gebeur al is hulle jonk maar dit is nie regversig teenoor die baba nie. Nog n ding is hoe gaan hulle saam die kind kan rondhardloop en speel en so aan. Dit is onregverdig man. Hulle is selfsugtig. Ek weet die drang om n kind te he is n sterk een maar mens moet ook dink aan die tiepe lewe wat jy daai kind gaan kan gee…

johann cb ·

Ek sal die kind vir aanneming gee om by jong, kinderlose ouers geluk te vind. Nou het die kind klaar agtergrootouers!

Ronnie ·

Ek dink julle dat van die kommentare van ouerlose paartjies afkomstig is nie. Ek het nie kinders nie, is al ver verby die middeljare. As ek nou swanger word, sal ek baie bly en dankbaar wees want ons kan ‘n kind so baie bied. As jy na jou kinders kan omsien, hoekom nie?

Ronnie ·

Die eerste sin van my kommentaar moes lees: “Ek dink dat sommige van die kommentare NIE van kinderlose paartjies afkomstig is nie.” Ek dink die wind het my woorde weggewaai. Jammer.

Kallie du Plessis ·

Al is die drang na eie kinders hoe sterk,op daardie ouderdom is dit gewoon net nie ‘n deurdagte ding ding om te doen nie. Kinders is groot verantwoordelikheid en saam met die ouderdom kom skete en kwale. Hulle het nie mooi gedink nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.