63-jarige vas oor heroïen

Die polisie in KwaZulu-Natal het op 1 November 2016 beslag gelê op die heroïen en kontant (Foto: ANA)

Die polisie in KwaZulu-Natal het op 1 November 2016 beslag gelê op die heroïen en kontant (Foto: ANA)

ʼn 63-jarige man is in Durban in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelmmiddels.

Kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die beamptes van die Cato Manor-misdaadvoorkomingspan het Dinsdag omstreeks 19:00 patrollie gedoen in Bonela toe hulle ʼn wenk ontvang het oor ʼn man wat glo dwelmmiddels verkoop.

“Die beamptes het na verdere ondersoek beslag gelê op 1 890 heroïenkapsules en kontant ter waarde van R9 154,” het Zwane bygevoeg. “Die man is in hegtenis geneem en aangekla vir die besit van dwelmmiddels.”

Die man sal in die Durbanse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

carol ·

Genade!!! op daai ouderdom ophou met sulke nonsens! Daai ouderdom moet mens mos op pension wees – n rustige lewe he ……

Anoniem ·

Carol dit is sy pension hy maak geld…. hahahaha anyway ek kan nie dink dat n mens op daai oderdom so dom kan wees om dit te doen nie…. Het hy regtig gedink dit gaan nooit uit kom nie…

Helen Doman ·

Hy het seker gedink sy ouderdom sal hom beskerm teen tronkstraf. Ek wonder net wat gebeur met die geld wat hulle by hom afneem. Hoekom kan die staat nie sulke geld skenk vir rehab sentrums nie?? Dit is after all dwelmgeld, dit kan net sowel aangewend word vir die regte doel.

Sarie ·

Julle sit die pot mis – dit is sy “medikasie” wat hy verkoop omrede hy nie alles kan gebruik nie, en hy het die geld nodig omdat die staat vir hom ‘n skamele pensioen gee. (hehehe)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.