Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die mense op die verhoog het sowat vier meter ver geval. Hy het gesê mense het ligte tot ernstige beserings opgedoen en dat niemand oorlede is nie.
“Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na verskeie hospitale vervoer is vir verdere mediese sorg,” het Botha gesê.
Hy kon geen verdere besonderhede bekend maak nie. Die oorsaak van die ineenstorting is ook nog nie duidelik nie.
Ek het in daai saal leër stoei in 1982/3. Het in Klopper Park gebly en was by Johan Greybe daar naby die saal op laerskool.