64 beseer na verhoog ineenstort

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Minstens 64 mense is beseer nadat ʼn verhoog in ʼn gemeenskapsaal in Elandsfontein naby Kempton Park Sondag ineengestort het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die mense op die verhoog het sowat vier meter ver geval. Hy het gesê mense het ligte tot ernstige beserings opgedoen en dat niemand oorlede is nie.

“Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na verskeie hospitale vervoer is vir verdere mediese sorg,” het Botha gesê.

Hy kon geen verdere besonderhede bekend maak nie. Die oorsaak van die ineenstorting is ook nog nie duidelik nie.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charles Kunneke ·

Ek het in daai saal leër stoei in 1982/3. Het in Klopper Park gebly en was by Johan Greybe daar naby die saal op laerskool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.