Steven Muller (64) is dood aangetref in sy huis in Brackenfell in Kaapstad nadat hy Vrydagaand aangeval is.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 31-jarige man is reeds in hegtenis geneem in verband met die moord en die diefstal van Muller se motor.
Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklag van moord en diefstal van ʼn motor.
Maroela Media verneem Muller het vermoedelik sy aanvaller geken.
Ek verneem graag wat die bron van u inligting is en hoe seker u van die feit is dat die voorval wel Vrydagaand plaasgevind het?
Berigte in ander nuusblaaie sê dieselfde. Hoekom vra jy? Het jy ander inligting?
Die voorval het Donderdag-nag of Vrydagoggend plaasgevind en nie Vrydagaand nie.
Leon, ek snap nie die relevansie van jou vraag nie. Watter gedeelte verstaan jy nie?
1. Mnr. Muller is definitief dood. 2. ‘n Verdagte is gearresteer. Groete. Deon Roos
Raak by die dag gevaarliker hier. Soveel inbrake en huismoleste. Buurtwag staan bont.
Dag en nag sigbaarheid van polisie, sekuriteite, buurtwagte, en weermag moet ook ingespan word,
as dit gebeur gaan ons minder sulke aanvalle van hoor en dit is moontlik ,
elke uur van die dag is daar nog wetteloosheid op elke pad, robot, ens, tyd dat bogenoemde gebeur om ons land veilig te hou
Moet NOOIT enige mens vertrou noe en wees waaksaam, jammer oor die verlies van ‘n lewe, wat onnodig was
Sterkte aan almal betrokke. Vader laat U WIL geskied bewaar asb al U kinders die bose is oral Maar U is Getrou en ons GLO U bly in Beheer.