64-jarige se lyk in mangat gevind

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van ʼn 64-jarige Pretoria-inwoner is Maandagaand in ʼn mangat in die Moot-omgewing aangetref nadat sy voormalige 36-jarige vriendin haar aan die polisie oorgegee het.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die vrou het haar by die Villieria-polisiestasie oorgegee en die dood van die man aangemeld.

“Sy het die polisie na die man, haar voormalige kêrel, se huis in Villieria geneem waar hy vermoedelik op 28 Maart vermoor is tydens ʼn geskil oor geld,” het Weilbach gesê. “Sy het daarna ʼn adres in Capital Park uitgewys waar sy glo met die hulp van ʼn vriend en twee ander mans die slagoffer se liggaam in ʼn mangat gestort het.”

Die vrou en haar 41-jarige vriend is op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat die slagoffer se liggaam gevind is. Meer inhegtenisnemings word verwag.

Die verdagtes moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn. Die slagoffer se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eliza-beth ·

“Man is the only animal that blushes. Or needs to.” Mark Twain.

Willie ·

Joh om so lag te daal, dis darem maar skokkemd hoe min n lewe werd is die land van ons. Daar is niks meer basiese respek, grondslag van opvoeding en mees van als geloof word te wee gelaat. Waar kerk uit die skole, regering en gemeenskappe is, is daar groot moeilikhied. Kyk maar gerus hoeveel se die geloofs leiers in ons land het. Geen vondasie nie…

François ·

Interessant om te sien dat die meerderheid van gevalle waar ‘n vrou ‘n man vermoor, is dit die uiteinde van ‘n geskil oor geld. In die meeste ander gevalle is dit oor ‘n ander vrou, gewoonlik die ou se eks.

m ·

Hom ook seker net gebruik vir sy geld. Mens kan darem ma laag daal as dit by geld kom.

Skrik wakker ·

Ons sien elke dag die dames by plekke uithang om die ou manne te vang en dit is nie eens meer ou manne, hul sit in restaurante gemerk met ‘n bottel wyn of ciders, as jy inkom scan hul vinnig deur en probeer oog kontak met die mans. Die mans VAL daarvoor en geniet die tye en getroudes word gedreig en huwelike word opgebreek en die ongetroudes soos die een beland dood in ‘n mangat. Dink gou vir jouself hoekom sal ‘n jong poppie jou soek omdat jy nog aantreklik is ? NEE, jou beursie is en dit kan dalk ‘n week, maand selfs ‘n paar jaar ok gaan…… dan is dit mangat toe met jou!!!!!

zelda ·

Dis nogal funny oubok jongblaar en geld in die middel nou toe nou

zelda ·

Dis nou n bamer,die vrou gooi ons eerlike vrouens se naam weg nee siessa man.

Roelien ·

Tenminste het sy iets soos n gewete ….. hoop die regstelsel faal ons nie. Niemand verdien om so aan n einde van sy lewensreis te kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.